
Foto van Donald Trump: openbare domein; verkry op Unsplash (https://unsplash.com/photos/president-donald-trump-jPN_oglAjOU). Foto van Elon Musk: openbare domein; verkry op Wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Elon_Musk#/media/File:The_White_House_-_54409525537_(cropped).jpg).
- Bettina Wyngaard skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.
Wanneer twee groot ego’s, elkeen met sy eie sosialemediamaatskappy, uitval kry, neem almal teen wil en dank kennis.
Dis die tipe vermaak wat ten beste geniet word met hope springmielies en melkskommel, of dalk ’n Bud Light. Suid-Afrikaners sal seker met ’n Black Label agteroorsit om die skouspel te aanskou. Dis groot vermaak, maar dit is nie regtig vir enigeen ’n verrassing nie, of hoe? Die ego’s is gewoon te groot om vir baie lank goed oor die weg te kom. Musk is waarskynlik bitter omdat hy met al sy geld nooit kan kwalifiseer om president van Amerika te wees nie. Trump is bitter omdat hy nie die rykste man in die wêreld kan wees nie. Wat hulle gemeen het, is ’n algehele misnoeë met wat hulle alreeds bereik het. Solank daar iemand anders is wat meer is of meer het, kan hulle nie tevrede wees met wat hulle bereik het nie.
........
Die ego’s is gewoon te groot om vir baie lank goed oor die weg te kom. Musk is waarskynlik bitter omdat hy met al sy geld nooit kan kwalifiseer om president van Amerika te wees nie. Trump is bitter omdat hy nie die rykste man in die wêreld kan wees nie. Wat hulle gemeen het, is ’n algehele misnoeë met wat hulle alreeds bereik het. Solank daar iemand anders is wat meer is of meer het, kan hulle nie tevrede wees met wat hulle bereik het nie.
.........
Ek ken ’n paar sulke mense. Hulle is nooit tevrede nie; hulle het nooit genoeg nie.
Maar anders as ander sulke uitvalle, kan die einde van Trump en Musk se vriendskap verreikende gevolge hê. Steve Bannon, een van Trump se adviseurs en die brein agter Projek 2025, fluister alreeds in Trump se oor dat Musk ’n onwettige immigrant is en ondersoek moet word. Dink net: Musk doen al die dinge wat Trump so afstootlik vind in ander, donkerder immigrante. Hy gebruik dwelms; hy het ’n klompie kinders by verskillende vroue; hy steel Amerikaners se werk (gerieflikheidshalwe sal Trump vergeet hy was deel van die plan om die werke te steel). As hy nou as onwettige immigrant verklaar kan word, kan daar seer sekerlik op al sy aansienlike bates beslag gelê word, iets wat Trump se jeukerige vingers groot plesier sal verskaf.
........
Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie.
........
Musk weet op sy beurt hopeloos te veel van Trump se sake. Boonop het hy nou al die data van al die Amerikaners om vir jare groot probleme te veroorsaak. Hy het alreeds begin om dele daarvan op X uit te lap. Dat Trump na bewering in die Epstein-lêers is, is nie vir enigeen ’n groot verrassing nie. Dat Trump ’n sekspes is, het nie sy presidensiële ambisie skade gedoen nie. Sy MAGA-basis gee nie om daarvoor nie. Gevaarliker vir Trump is Musk se bewering dat Trump die verkiesing sou verloor het sonder hom. Dalk beteken dit bloot dat die groot klomp geld wat Musk ingestort het, die verskil tussen wen en verloor was. Maar daar is ook konstante fluisteringe dat Musk baie meer direk betrokke was by manipulasie van elektroniese stemmery. As hy nou sou beweer dat Trump verkiesingsbedrog gepleeg het en eintlik verloor het, gaan dit ’n grondwetlike krisis veroorsaak, veral as hy bewyse verskaf. Ek twyfel of dit ooit so ver sal gaan, maar die moontlikheid moet vir Trump slapelose nagte veroorsaak.
Intussen is daar Trump se dreigement om Musk se staatskontrakte te kanselleer en Musk se teendreigement om ontwikkeling van SpaceX se Dragon-ruimtetuie te staak wat vermaak verskaf. Maar daar is veel ernstiger dinge op die spel. Daar word wyd bespiegel dat Trump se beleid teenoor Suid-Afrika grootliks beïnvloed is deur Musk. Die hoop bestaan seer sekerlik dat Trump uit venyn sy posisie teenoor Suid-Afrika kan versag. Indien dit sou gebeur, dan is dit seker goeie nuus vir Agoa. Wat sou dit beteken vir die “vlugtelinge” met sterre in hul oë en die hoop op ’n Amerikaanse droom? As ek vandag een van die “vlugtelinge” was wat alreeds in Amerika aangekom het, dan sou ek vanaand bekommerd gaan slaap. Trump in ’n hoek gedryf is ’n gevaarlike man, en hy het al keer op keer in die verlede bewys dat hy nie omgee om mense wat hulle nuttigheid vir hom verloor het, eenkant toe te gooi nie.
Net die tyd sal leer presies hoe ver hierdie vyandigheid tussen Trump en Musk gedryf word. Die adviseurs wat Trump omring, sal nie enigiets probeer beredder nie, want hulle het in elk geval gemeen Musk het te veel mag. Musk het geld, maar nie politieke mag nie.
Tensy Musk iets regtig gevaarliks oor Trump weet, en bereid is om dit te gebruik, dink ek Trump sal in enige geveg tussen hulle twee as die wenner uit die stryd tree.
Intussen moet ek besluit of ek van gekaramelliseerde de springmielies hou, of iets meer tradisioneel met botter en kaasgeursel.
Lees ook:
The post Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval? first appeared on LitNet.
The post Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval? appeared first on LitNet.