Gun jou woorde poëtiese vlerke by Taalmonument!
Bekroonde skrywer lei slypskool vir stokperdjiedigters.
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl bied ’n poëtiese oplossing vir almal wat gedigte wil skryf: ’n slypskool op Saterdag 7 Junie 2025, met die beminde digter, vryskutjoernalis, musiekskrywer en omroeper Danie Marais.
Danie Marais beantwoord Naomi Meyer se vrae oor die slypskool wat hy môre aanbied.
Danie, jy bied môre ’n dagdigkursus by die Afrikaanse Taalmonument aan. Vir iemand wat hier lees: Waarom sou jy hulle aanraai om in te skryf?
Ek dink enige iemand wat van poësie hou, gedigte wil skryf of gedigte wil verbeter, sal die dag geniet.
Moet iemand wat wil inskryf, reeds gedigte geskryf het? Is talent ’n voorvereiste om in te skryf – of om te kan gedigte skryf?
Mense kan kom sonder enige ervaring of enige gedigte. Ek vra wel deelnemers om ’n gunstelinggedig van enige ander digter saam te bring as hulle lus het. En as jy een of twee gedigte het wat jy wil afwerk, bring dit asseblief ook saam. Dit sal lekker wees as jy kan wegstap met ’n gedig wat jy voel nou sterker is.
Wat is die praktiese besonderhede van wat môre gaan gebeur?
Dinge waaroor ek gaan praat is:
– Wat is poësie en hoekom ons gerus kan vergeet van “Pohesie” met ’n hoofletter-P met ’n universele stel standaarde?
– Wat is ’n goeie gedig?
– Wat is die verskille tussen vormvaste gedigte en vryeverse en watter sterk punte en slaggate het beide?
Daar sal ook praktiese oefeninge wees, en beslis ’n baie ontspanne atmosfeer.
Lees ook:
The post Dagdigkursus met Danie Marais: ’n onderhoud first appeared on LitNet.
The post Dagdigkursus met Danie Marais: ’n onderhoud appeared first on LitNet.