“Moerskont!” skrou ek vir die lewe
Want dis nie vloek nie (meen my pa)
En die lewe moet immers hoor
As hy nie kan voel nie.
“Fok!” mompel ek agter die nag se rug
Want is dit wragtig nodig
Om so, in die donker,
te krap waar dit klaar bloei?
“Doos!” roep ek na ek die slaap
Wat sweerlik êrens hoer en rumoer
Terwyl ek lê en swets en sweet
Tot die son amper skyn.
“Kakhuis!” roep ek na die aarde
Wat my met mooigeit vir die gek wil hou.
“Jissis,” sis ek vir my hart
Wat my al weer ’n fokken gat in die kop wil praat.
The post Nog ’n donnerse gedig appeared first on LitNet.