
Foto: Canva
Ek wens
(met dank en erkenning aan André Serfontein)
ek wens
al die ekonome
joernaliste
al die regsgeleerdes
hooggeleerdes
al die reklame-
presidente
die politici
pedagoë
en teoloë
(en sommer alle grootmense ook)
se woorde droog eensklaps op
sodat die hart weer vry sal sing
in gewyde, gesalfde stiltes
sodat jou lied duidelik hoorbaar
sal wees bo my eie geraasvlakke
almal behalwe die kinders –
laat hulle nuwe wêrelde oop praat
ontdek
en verken
met oë wat steeds heel is
met harte wat onskuld ken
en onbewus bewus is