Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Outobiografie

$
0
0

Ek rook nie en ek drink min
vir zol sê ek gewoonlik nee
ek bid nie en porn verveel my
geweld staan my nie aan nie
ek vloek lelik in my gedagtes
en hardop in goeie geselskap
ek voel hoogstens twee maal per maand eensaam
of hartseer
of albei tegelyk
ek braai nie en rugby … ag
maar met my broer sal ek daaroor praat
mits hy maak of hy na my grammofoonplaat oor verlore liefdes luister
ek lag vir enige kak (of so het een van daardie liefdes my betig
maar ek sien dit as ’n bate eerder as ’n vloek)
ek hou waarskynlik meer van my hond as van jou
en as jy gekrenk voel … wel
dis nie sy nie, dis jy.

The post Outobiografie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>