Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das

$
0
0

Boekomslag: Eindstryd: Geheime gesprekke van die einde van apartheid deur Willie Esterhuyse (Tafelberg, 2012)

  • Jason Lloyd skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Wat is ’n man sonder ’n das?

Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80.

In 1988 het ’n groep Afrikaners en ANC-leiers, onder wie Esterhuyse en Thabo Mbeki, in ’n spoggerige hotel in Londen geëet.

Esterhuyse skryf: “Die aandete was altyd baie formeel: baadjies en dasse, Victoriaanse silwereetgerei. Mbeki stuur (Aziz) Pahad, wat later ’n adjunkminister in die Mbeki-kabinet was, na sy kamer om ’n das aan te sit.”

Wel, dit was in 1988, maar is ’n das nog net so belangrik as toe? Nou reken baie mense die dag sal nog aanbreek dat ’n das as ’n eienaardige skepsel in ’n kultuurhistoriese museum aangetref sal word.

’n Studie in 2009 deur die British Market Research Bureau in Londen het gewys dat 70% heeltyds werkende Britse mans ’n dekade gelede nog dasse gekoop het, teenoor 56% deesdae.

........
In Suid-Afrika het ons samelewing informeler geword sedert 1994. Minder behoefte aan klasonderskeid en voorskriftelikheid en reëls is die gevolg van minder dasse.
........

In Suid-Afrika het ons samelewing informeler geword sedert 1994. Minder behoefte aan klasonderskeid en voorskriftelikheid en reëls is die gevolg van minder dasse.

Die das is lank reeds as simbool van onderskeid gesien.

Dit het sy oorsprong in die groter krawat, wat in die 17de eeu deur Kroate in Frankryk gedra is om mekaar te eien.

Deesdae is ’n das glad nie meer ’n vereiste in die werk, skool of kerk nie. Selfs in die Suid-Afrikaanse parlement en ander Afrika-parlemente sit parlementslede deesdae met oopkraaghemde.

Iemand soos Nelson Mandela is natuurlik een van die bekendste staatsmanne wat met die das weggedoen het toe hy in 1994 staatshoof geword het.

Dit is egter belangrik om te noem dat ingevolgde die Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996) die staafshoof, oftewel die president van die Republiek van Suid-Afrika, nie ’n parlementslid is nie. Die gebruik van Mandela was egter om altyd ’n das en ’n pak te dra as hy ’n toespraak in die parlement moes lewer of ’n sitting van die parlement bygewoon het. Dit was uit agting en respek vir die instelling van die parlement gewees.

Richard Branson en Bill Gates is ook van die beroemde bekendes wat vyande met die das is.

Die samelewing is egter nie sonder status en vertoon nie. Dasse word nog gekoop vir troues, vergaderings, kongresse en allerhande openbare optredes.

........
Alles dui egter daarop dat die dasbedryf nog sterk is in Suid-Afrika. Die opkoms van ’n sterk swart middelklas (hier bedoel ek bepaald: etnies swart oftewel die BEE’s) wat meer statusbewus is en gevolglik meer dasse koop, het dié beroep ’n hupstoot gegee.
........

Daar is nog baie mense wat daaraan glo om “reg” aan te trek. Dit het niks met ouderdom te doen nie.

Britse parlementslede (die Britse laerhuis en die House of Lords), asook lede van die Amerikaanse Kongres (die Huis van Verteenwoordigers en Senaat) dra ook nog gereeld das. 

In talle beroepe, soos die regsberoep en die bankwese, is dit altyd beter om die regte indruk te skep deur “reg” aan te trek. Dit is net eenvoudig waar dat ’n man met ’n das ernstiger opgeneem word as een daarsonder.

Beroepsraadsgewers sal altyd adviseer dat as jy ‘n potensiële werkgewer in ’n werkonderhoud wil beïndruk, dan moet jy ’n das aansit.

Alles dui egter daarop dat die dasbedryf nog sterk is in Suid-Afrika. Die opkoms van ’n sterk swart middelklas (hier bedoel ek bepaald: etnies swart oftewel die BEE’s) wat meer statusbewus is en gevolglik meer dasse koop, het dié beroep ’n hupstoot gegee.

Dit was dus profeties en betekenisvol van Mbeki om die nou oorlede Pahad in 1988 kamer toe te stuur om ’n das aan te sit.

Lees ook:

8115 Orlando West and its people: a review of Winnie and Nelson, portrait of a marriage by Jonny Steinberg

Resensie: Oorlog en vrede – Die morele verbeelding van die mens deur Willie Esterhuyse

Lokprent: Eindstryd – Geheime gesprekke en die einde van Apartheid deur Willie Esterhuyse

Die pers, die Broederbond en FW se besluit

Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer

Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?

The post Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das first appeared on LitNet.

The post Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>