Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21658

Op dees aarde: Griepinentings

$
0
0

  • Elsabé Brits skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Daar is jaarliks tussen 7 000 en 12 000 seisoenale griepsterftes in Suid-Afrika, en meer as 40 000 mense moet in die hospitaal behandel word. Jy kan egter voorkomend optree teen griep en ander oordraagbare siektes deur entstowwe te neem, skryf Elsabé Brits.

Daar is ’n verskil tussen seisoenale griep en ’n griepvirus wat ’n dodelike pandemie veroorsaak. Met die jaarlikse griep is daar net geringe veranderings (antigene verskuiwings) aan die virusse. Dit is amper soos die model van dieselfde motor wat elke paar jaar verander, maar in wese dieselfde lyk – sê maar ’n Toyota, wat ons steeds herken, al is daar klein veranderinge.

Dus verander seisoenale griep die heeltyd bietjie vir bietjie soos die virusse probeer om die mens se immuniteitstelsel te vermy om te oorleef.  Wanneer ’n grieppandemie ontwikkel, is daar gewoonlik groot veranderings (’n antigene sprong) aan ’n virus. Dan is die motor só nuut dat die liggaam dit nie herken nie – daar is nie eens sprake van gepaste onderdele nie.

........
Daar is ’n verskil tussen seisoenale griep en ’n griepvirus wat ’n dodelike pandemie veroorsaak.
........

Die Suidelike Halfrond het eintlik ’n voordeel met die griepentstof wat elke jaar ontwikkel word, omdat dit gedoen word op die Noordelike Halfrond se griepstamme wat die vorige winter by hulle in omloop was. Daar is gewoonlik twee entstowwe om van te kies, afhangend van hoeveel stamme daar in die entstof is.

Elke jaar is daar ’n nuwe entstof na aanleiding van die virusse wat sirkuleer; daarom is dit nodig om elke jaar ’n entstof te kry.

Jy kan steeds griep kry nadat jy die entstof ontvang het, maar dit sal ligter wees. Dit kan ’n verskil maak tussen tuisbly, hospitaal toe gaan en dalk die dood, veral as jy oud is. Jy kan ook ’n ander toestand ontwikkel wat griepagtige simptome het terwyl dit nie griep is nie.

Mense met chroniese hart- of longtoestande kan baie siek word. Ook mense wat aan morbiede vetsug ly. Vetsug veroorsaak ’n konstante inflammatoriese toestand in die liggaam, en saam met ’n infeksie kan jy ’n ongereguleerde immuniteitsresponse kry.

Veral swanger vroue moet die griepentstof ontvang, omdat dit die ma en baba beskerm. Die ma het ’n baie hoë risiko vir infeksie, omdat haar immuniteitstel swakker is, en sy dus baie sieker word van griep tot ses weke ná die baba se geboorte.

Die stryd teen dodelike bakterieë

In 2009 het Suid-Afrika die eerste land in Afrika geword wat ’n pneumokokkale entstof, Prevnar-13 (PCV13), in die amptelike vaksinasieprogram vir kinders ingesluit het. Dié besluit het ’n massiewe verskil gemaak om sterftes te voorkom.

Pneumokokkale siekte word veroorsaak deur die bakterie Streptococcus pneumoniae wat ook vir sowat 95% van alle longontstekings (infeksies van die laer lugweg) verantwoordelik is.

Volwassenes van 65 jaar en ouer word aangeraai om dié entstowwe te kry, en daar is duidelike en goeie riglyne daaroor. Daar is twee: PCV13 eerste en dan word die tweede dosis, PPV23, sowat ’n jaar later gegee. Let daarop dat sekere mense wie se immuniteit onder druk is, dit voor 65 moet kry, veral indien hulle onderliggende kondisies het wat hulle meer kwesbaar maak.

Maar dié bakterieë kan ook talle ander infeksies veroorsaak, insluitende meningitis (die erger vorm) of sepsis. Dokters sukkel reeds om dié vorm van meningitis te behandel en moet die dosis antibiotika verdriedubbel, en dit moet langer gebruik word, omdat weerstandigheid ontwikkel het.

Sepsis ontstaan wanneer enige infeksie na die bloedstroom versprei en die ander organe aantas. Dit kan selfs gebeur ná ’n urineweg- of ’n velinfeksie.

Mense wat 65 of ouer is, is spesifiek vatbaar vir die komplikasies van pneumokokkale siekte, omdat die immuniteitstelsel verswak hoe ouer jy word.

Gordelroos

Gordelroos is ’n pynlike siekte. Mense kry gordelroos wanneer die varicella-zoster-virus (VZV), wat waterpokkies veroorsaak, in hul liggame heraktiveer word nadat hulle reeds waterpokkies gehad het. Indien jy dus waterpokkies gehad het en veral ouer is, kan jy dit ontwikkel. En net omdat jy waterpokkies gehad het, maar dit jou nié immuun teen gordelroos nié.

Jy kan nie gordelroos kry van iemand wat gordelroos het nie. Jy kan wel waterpokkies kry van iemand wat gordelroos het as jy nooit waterpokkies gehad het of nooit die waterpokkies-entstof gekry het nie. Dit gebeur deur direkte kontak met die vloeistof van die gordelroosblase, of deur die virusdeeltjies wat saam met die blase kom in te asem.

Volwassenes wat nog nooit waterpokkies gehad het nie, kan natuurlik die entstof daarteen kry, en so ook kinders. Dit is twee dosisse vier weke uitmekaar.

Die vorige entstof teen gordelroos, genaamd Zostavax, is van die mark onttrek omdat studies gewys het dat die effektiwiteit daarvan binne 10 jaar aansienlik daal.

.......
Die vorige entstof teen gordelroos, genaamd Zostavax, is van die mark onttrek omdat studies gewys het dat die effektiwiteit daarvan binne 10 jaar aansienlik daal. ... Die nuwe entstof, Shingrix, is ​​nog nie in Suid-Afrika geregistreer nie. Onderhandelinge om dit in Suid-Afrika geregistreer te kry is aan die gang, maar is nog nie afgehandel nie
.......

Amayeza Information Services, wat onafhanklike mediese inligting aan aptekers en geneeskundiges verskaf, sê die laaste voorraad wat Suid-Afrika gehad het, het in Maart 2024 verval.

Die nuwe entstof, Shingrix, is ​​nog nie in Suid-Afrika geregistreer nie. Onderhandelinge om dit in Suid-Afrika geregistreer te kry is aan die gang, maar is nog nie afgehandel nie. Ongelukkig is daar nie ’n aanduiding wanneer dit in Suid-Afrika geregistreer gaan word nie. Dit kan voorlopig verkry word met ’n artikel 21-aansoek vir dié pasiënte wat dit regtig nodig het, byvoorbeeld immuunonderdrukte pasiënte of oorplantingspasiënte.

Die pasiënt se dokter sal aan Sahpra (die liggaam wat gesondheidsprodukte in Suid-Afrika reguleer) moet motiveer en ná goedkeuring die Shingrix-entstof kan bekom via Equity pharmaceuticals, wat dit invoer. Talle reisklinieke doen dié aansoeke, en dokters kan dit ook doen. Op die oomblik is die koste om dit op hierdie manier te doen, ongelukkig redelik hoog, sê Amayeza Information Services.

Dit kos tussen R7 000 en R8 000 per dosis, en ’n mens moet twee ontvang.

Dr Mncengeli Sibanda, ’n entstofkenner en farmakoloog aan die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskap-universiteit, verduidelk dat soos mense ouer word, hulle al meer vatbaar word vir gordelroos.

“Gordelroos word gekenmerk deur ’n pynlike uitslag, en postherpetiese neuralgie (PHN) is die algemeenste komplikasie van gordelroos. PHN word gekenmerk deur pyn wat vir baie maande of onbepaald duur nadat die uitslag opgelos het.

“Die ongemak kan uitputtend wees en ’n mens se lewenskwaliteit drasties verlaag. Verder het navorsing ’n moontlike verband tussen gordelroos en kardiovaskulêre en serebrovaskulêre insidente voorgestel. Die risiko van beroerte is byvoorbeeld 127% hoër in die eerste twee weke nadat herpes zoster-heraktivering gedokumenteer is.

“Visieversteurings of algehele blindheid (herpes zoster ophthalmicus) kan voorkom in ernstige gevalle waar heraktivering in die oftalmiese senuwee plaasvind.

“Weens die erns van gordelroos en die risiko's verbonde aan die komplikasies van die siekte word ’n tweedosis-skedule van Shingrix, 2–6 maande uitmekaar, wat binnespiers toegedien word, aanbeveel by volwassenes vanaf 50 jaar oud,” sê hy.

Shingrix bevat ’n klein hoeveelheid van ’n virusproteïen (antigeen) en ’n adjuvant om die immuunrespons te versterk.

Vir Suid-Afrikaners is dit nou wag en kyk hoe vinnig Sahpra die onderhandelings gaan doen met GSK, die vervaardiger van Shingrix. Sahpra het nie op my navrae reageer nie.

Lees ook:

Op dees aarde: Vyf jaar ná Covid-19 – waar staan ons? Feite en onwaarhede

Mites, foppery en feite: Hoekom verwerp mense waarhede?

COVID-19: Hoe dit die brein affekteer

Die A tot Z van Omikron

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Die etiek van verpligte inentings

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

The post Op dees aarde: Griepinentings first appeared on LitNet.

The post Op dees aarde: Griepinentings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21658

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>