Elbie Adendorff (fotograaf: Pierre van Niekerk, Pierré Photography Passion)
Elbie Adendorff is ’n gesoute beoordelaar by al wat ’n redenaarskompetisie is. Sy praat met Naomi Meyer oor die ATKV-redenaarskompetisie se semifinale ronde wat volgende week landwyd plaasvind.
Elbie, dis weer daardie tyd van die jaar wat mens amper “fokus op redevoering in Afrikaans” kan doop – en daarmee bedoel ek dis amper tyd vir die semifinale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie. Jy beoordeel elke jaar dié kompetisies en jy en Lisinda de Jager het verlede jaar 'n boek vir redenaars en almal wat geïnteresseerd is in die onderwerp, geskryf. Wil jy dalk heel eerste iets sê vir die leerders wat aan die eerste ronde deelgeneem het en nie deurgedring het na die semifinale ronde nie? Moet hulle ooit weer probeer om voor mense te praat?
Die leerders wat aan die eerste ronde deelgeneem het, wil ek aanmoedig om nie op te gee nie.
Die feit dat jy nie deur is na die semifinale ronde nie, beteken nie jou toespraak of jou aanbieding was swak nie. Dikwels is die standaard so hoog dat van die goeie sprekers nie deurgaan nie. En dan is daar dikwels ietsie kleins wat veroorsaak het dat jy nie deurgedring het nie. Jy moet dus deeglik na jou toespraak gaan kyk waar jy dit nog kan verbeter.
...........
En daar is ook nog ander kompetisies om aan deel te neem. Julle moet asseblief weer voor mense praat en optree. Julle moenie hierdie een keer van probeer net so laat nie, maar weer probeer.
..............
En daar is ook nog ander kompetisies om aan deel te neem. Julle moet asseblief weer voor mense praat en optree. Julle moenie hierdie een keer van probeer net so laat nie, maar weer probeer.
Wat is jou drie wenke vir vanjaar se leerders wat deurgedring het na die volgende ronde?
Kyk krities na jou toespraak en werk daaraan. Jou toespraak is nie prefek nie – dit kan nog verbeter word.
Maak seker van jou aanbieding en dat jy met die nodige selfvertroue en oortuiging oor jou onderwerp kan praat en jou standpunt duidelik en helder kan stel.
Gaan kyk na die vereistes vir 'n oorredende toespraak en ook sommer na die beoordelingstate.
............
Gaan kyk na die vereistes vir 'n oorredende toespraak en ook sommer na die beoordelingstate.
.............
Waarom is dit na jou gevoel baie meer as net nog 'n kompetisie waar mens kyk wie kom eerste? Wat is die belang van die ATKV-redenaarskompetisie en wat is die vaardighede wat enige kind wat dapper genoeg is om vorentoe te stap en voor 'n spul wildvreemde mense te gaan praat, kan aanleer?
Die ATKV-redenaarskompetisie is belangrik omdat dit denkende en kritiese redenaars skep. Dit leer hulle die vaardigheid om navorsing te doen, jou standpunt te stel en daaroor te kan redeneer. Daar is baie lewensvaardighede wat deur die kompetisie aangeleer kan word, maar vir my is om denkende redenaars te vorm wat met oortuiging aan die hand van argumente en bronne hulle menings kan stel, baie belangrik.
..........
Daar is baie lewensvaardighede wat deur die kompetisie aangeleer kan word, maar vir my is om denkende redenaars te vorm wat met oortuiging aan die hand van argumente en bronne hulle menings kan stel, baie belangrik.
..............
Ons het mense nodig in ons land wat nie net met leë beloftes en/of dreigemente kan optree nie, maar met kalm beredenering en oortuigende argumente.
Lees ook:
The post Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff first appeared on LitNet.
The post Wenke vir die ATKV-redenaars 2025 se semifinale rondte: 'n onderhoud met Elbie Adendorff appeared first on LitNet.