
Prins deur Ryan Pedro (Kwela, 2025)
Titel: Prins
Skrywer: Ryan Pedro
Uitgewer: Kwela (2025)
ISBN: 9780795711169
Om
só ’n tawwe
só ’n geharde
só ’n pretty
boy
te wees
is
swaar
In Prins word die kompleksiteit van manlikheid ontleed; die oomblikke van teerheid word gevier en die vernietigende word gekritiseer. Alhoewel die bundel handel oor stories en karakters uit ’n bepaalde gemeenskap en agtergrond, skryf Pedro doelbewus weg van vooropgestelde idees oor coloured-laities.
Hier, weerspieël dit die liminale, plofbare ruimte waarin die verteller homself bevind as digter en as coloured man.
The post Pasverskyn: Prins deur Ryan Pedro first appeared on LitNet.
The post Pasverskyn: <em>Prins</em> deur Ryan Pedro appeared first on LitNet.