Hoërskool Durbanville is die nasionale wenner van die 52ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met FRAGMENT. Hulle wenpersentasie was 94,48%. Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee.
’n Volkswagen Caddy word op ’n klein dorpie deur ’n bom verwoes. Twee tieners, wat in die voertuig was, sterf. Niemand weet wie dit gedoen het, of om watter rede nie. Vrees, spanning, vooroordele en verdagmakery plaas groot druk op alle verhoudings in die oënskynlik vreedsame gemeenskappie.
Voor die oë van die gehoor raak die dorpie ’n vertoonvenster van enige gemeenskap wat bestaan uit die brose en gefragmenteerde samestelling van gesinsverhoudings, werk, vriendekringe, skool-, kerk- en kultuurgroepe.
FRAGMENT se regisseurs, Jan Burger en Amelia van Wyk, is aangewys as die beste regisseurs, Ruan Potgieter as die beste beligtingsoperateur en FRAGMENT het ook die toekenning ontvang as beste ensemblewerk. Die beste aktrise in ’n ondersteunende rol is Cailin Aylward wat die rol van Karla du Preez in FRAGMENT vertolk het. Die toekenning van beste aktrise in ’n hoofrol is boonop gedeel deur twee uitstaande spelers: Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT en Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie.
Met 94,25% is die naaswenner Hoërskool Jan van Riebeeck met Die maan val bewusteloos. Daar was slegs ’n 0,23% verskil tussen die wenner en naaswenner. As naaswenners ontvang Hoërskool Jan van Riebeeck R20 000 in prysgeld. Die produksie is ook beloon met die toekenning vir die beste algehele tegniese aspekte.
Die derde plek, met 91,47%, het gegaan aan Dis, ek Annatjie van Hoërskool Bergrivier. Die toneelgroep ontvang R10 000 prysgeld. James-Dean Davids is ook as die beste klankoperateur aangewys en Neville Albertus as die beste akteur in ’n ondersteunende rol.
Hoërskool Tygerberg se In Kleur het vierde geëindig en dié skool se ander produksie, Die Staat teen Sara het in die vyfde plek geëindig.
Ongeveer 3 000 hoërskoolleerders in 181 produksies het vanjaar aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem. Dié toneelstukke is tydens elf streeksfeeste beoordeel en sestien toneelgeselskappe het hierdie week hul bes, en meer, gegee tydens die finaal wat vir die tiende keer tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees aangebied is. Die doel van die oudste projek van die ATKV is om ’n liefde vir Afrikaanse toneel by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle eie kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.
LitNet het vroeër ’n lys van al die finaliste gepubliseer. Klik hier.
Die beoordelaars tydens die finaal was André Stolz, Crystal Donna Roberts, Ira Blanckenberg, Karin van der Laag, Pedro Kruger, Tara Louise Notcutt en Woutrine Theron.
Nominasies en wenners van die individuele pryse
Vanjaar is die beste klankoperateur James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier. Die nominasies was:
- Christi Olivier van Potchefstroom Gimnasium
- Franco Rossouw van Hoërskool Jan van Riebeeck
- James-Dean Davids van Hoërskool Bergrivier
- Luka Ferreira van Paul Roos Gimnasium
- Morné Smith van Hoërskool Tygerberg
Vir sy uitsonderlike werk is Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville aangewys as die die beste beligtingsoperateur: Die nominasies was:
- Anelda Price van Hoërskool Tygerberg
- Dylan Engelbrecht van Hoërskool Tygerberg
- Joshua Bodenstein van Paul Roos Gimnasium
- Ruan Potgieter van Hoërskool Durbanville
- Tyron Hendriks van Hoërskool Bergrivier
Die beste verhoogbestuurder is Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Die nominasies was:
- Kinna Wessels van die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria
- Nicolene Potgieter van Hoërskool Durbanville
- Adele van Doorn van Hoërskool Jan van Riebeeck
- Ruan de Beer van Paul Roos Gimnasium
- Wesley September van Hoërskool Bergrivier
Vir die ontwerp én bogemiddelde uitvoering van alle tegniese aspekte wen Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos. Die nominasies vir die beste hantering van tegniese aspekte was:
- Hoërskool Jan van Riebeeck vir Die maan val bewusteloos
- Hoërskool Tygerberg vir Die Staat teen Sara
- Hoërskool Bergrivier vir Dis ek, Annatjie
- Hoërskool Durbanville vir FRAGMENT
- Hoërskool Tygerberg vir In Kleur
FRAGMENT van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste ensemblewerk. Die nominasies was:
- Die maan val bewusteloos van Hoërskool Jan van Riebeeck
- Dis ek, Annatjie van Hoërskool Bergrivier
- FRAGMENT van Hoërskool Durbanville
- In Kleur van Hoërskool Tygerberg
- Vlug van Paul Roos Gimnasium
Anjoné de Jager van Hoërskool Ben Viljoen is aangewys as die mees belowende speler in ’n rol deur ’n meisie gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2016. Die nominasies was:
- Anjoné de Jager as Mienkie in Hoërskool Ben Viljoen se Kom saam met my
- Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Jamie-Lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
Leroux van Diemen, vir sy spel in Onnies, wen die prys vir mees belowende speler in ’n rol deur ’n seun. Die nominasies was:
- Leroux van Diemen van Die Hoërskool Menlopark in die Afrikaanse Hoër Meisieskool se Onnies
- Thomas Winter as Hermann in Paul Roos Gimnasium se Vlug
- Zinedine Manus as die pienk speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur
Cailin Aylward van Hoërskool Durbanville is aangewys as die beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Die nominasies was:
- Amke Grootboom as Ma 1 in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
- Bernice van der Westhuizen as pop 3 in Hoërskool Rustenburg se La Plastique
- Cailin Aylward as Karla du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Helen Stander vir verskeie rolle in Hoërskool Waterkloof se Wetters
- Maja Smith as Aisha Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
Neville Albertus van Hoërskool Bergrivier wen beste akteur in ’n ondersteunende rol. Die nominasies was:
- Andrew de Jager as Rahim Pool in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Hanno Janse van Vuuren as die kêrel in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
- Ludick Bezuidenhout as Winand de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Neville Albertus as Uncle Danny en Daddy in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
- Nicholas van Huysteen as die oupa in Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
Die toekenning vir beste aktrise word hierdie jaar gedeel deur twee uitstaande aktrises: Jamie-lee Morkel van Hoërskool Bergrivier en Nienke Geldenhuys van Hoërskool Durbanville. Die nominasies vir beste aktrise in ’n hoofrol was:
- Alexa le Roux as Leanda du Preez in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Jamie-lee Morkel as Annatjie in Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
- Marlenke Scholtz as Susan van Vuuren in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Nancia Dorland as die meisie van Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
- Nienke Geldenhuys as Antoinette de Jager in Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
Hardus van Staden van Paul Roos Gimnasium is aangewys as die beste akteur in ’n hoofrol: Die nominasies was:
- Ben Blignaut as Tiaan in Hoërskool Zwartkop se Rympatroon
- Hardus van Staden as Beer in Paul Roos Gimnasium se Vlug
- Jay-D Sanderson as die geel speler in Hoërskool Tygerberg se In Kleur
- Leroux van Diemen vir verskeie rolle in die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Onnies
- Luke White as Dolf in Paul Roos Gimnasium se Vlug
Die beste regisseurs van 2016 is Jan Burger en Amelia van Wyk vir FRAGMENT. Die nominasies vir beste regisseur was:
- Alicia Dreyer en Pieter Nel vir Hoërskool Tygerberg se In Kleur
- Alma Nel vir Hoërskool Bergrivier se Dis ek, Annatjie
- Jan Burger en Amelia van Wyk vir Hoërskool Durbanville se FRAGMENT
- Marguerite du Bois vir Hoërskool Tygerberg se Die Staat teen Sara
- Nico Scheepers vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Die maan val bewusteloos
Die prys vir nuwe tekste
Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek aan, asook die daarstelling van goeie opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Negentig nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2015 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster, Ilne Fourie en Ilse Oppelt beoordeel om die Beste Nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal.
In die derde plek is Nico Scheepers vir Jaarblad. Hy ontvang ’n brons ATKV-erepenning en R1 000 prysgeld.
Die naaswenner is André Gerber vir die samestelling van vyf: ’n dokumentêr – ’n verbatimteks waarmee die Hoër Meisieskool Bloemhof verlede jaar die ATKV-Tienertoneelkompetisie gewen het. Hy ontvang ’n silwer ATKV-erepenning en R3 000 prysgeld; vyf: ’n dokumentêr was ook vroeër vanjaar tydens die KKNK te sien.
Die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks word hierdie jaar toegeken aan Johann Smith vir Hospitaner. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.
*
Fotografie deur Annemarie Wichmann van Zoë Photography.
The post ATKV-Tienertoneel 2016: Die uitslae appeared first on LitNet.