Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Een voet innie kabr: ’n onderhoud met Gaireyah Fredericks

$
0
0
Die Eugène Maraisprys vir Prosa is vanjaar aan Gaireyah Fredericks vir Een voet innie kabr toegeken. Tasneem Daniels gesels met haar: 

Die Kaapse Muslim-stem in kuns en vermaak groei omtrent op ’n exponential level, en nooit was daa ooit ’n perfekte tyd soos nou om ’n storie soes Een voet innie kabr te introduce, ’n novel deerie celebrated skrywer Gaireyah Fredericks. Wanner stories soes hierie eenie pad vat voelit soes ’n wonnerlike tyd om innie niewe Suid-Afrika te bly, alhamdulilah!

Wees ’n vlieg teen die muur – lees mee oo ôs gesprek oo’rie boek en haa journey:

Vetel ôs mee oorie story, die storiewêreld, die karakters en wat hulle laat tik.

Een voet innie kabr issie collection van 21 kôtvehale wat soes ’n hybrid novel lies. Characters pop in van anne stories elders innie boek – wat óf ’n certain storie vêde complete óf dieper insight gie, maa hak in bymekaar, nonetheless. Die backdrop is natuurlikie Kaap en feature ’n groot Cape Muslim-familie en hulle traditions, cultural practices ennie mundane rondommit natielik. Die reader wôd deerie stories na family gatherings and practices genooi warrit ’n warme intieme ontmoeting maak en waarie reader voel hulle is front row seat tienwoordag. Die storie arc oo generations, asoekie vernacular arc oo generations, waa djy kan expectie ouer gaarde sal tramakassie ennie mee modern jonger characters shukran. Dis ’n ensemble van colourful Cape Malay characters en vertellings, wat beide hatsee, inherent pride en of course die alte common humour sal display. Maa wat innie stories sieke een vannie stêkste temas is, issie resilience ennie honesty wattie stories ennie characters mie ytgeskryf wôd.

Waa en hoe het djyrie hidaayat (inspirasie) gekry om hierie boek te skryf?

My hele liewe lank collect ek al allie stories en admirie characters soes wat voo my existed soes ek opgegroei et. Onwietent natielik. Hulle was net vi my of utmost interest en rich met substance, hence gooi ek varkoor met allie grown-up convo’s rondom my. Never gedink it sal soe valuable wies soes warrit nou vookommie. Die mense wat my mense was, het met my acute observation innie binnekames, waa ek my most precious beliewenisse store, hys gemaak.

While ek my master’s in creative writing by Rhodes varsity gedoenit, praat ek en Nathan Trantraal oor ’n storie of iets ennie wood “getaklied” val yt my mond soes ek praat. Ek’t geskrik, want ek praat mossie Masiet-taal soema ienage plekkie. Mos net met my Moesliem-family en friends, maa hie vallie wood innie public yt en even more surprising, gebryk ekkie wood soema innie past tense: getaklied (taqleed). Asof ekkie reg êrens vandaan gekry et. Dié was vi my ’n game changer. Ek’t immediately die value innit in geskriewe taal gerecognise en gewiet die stories, even dié wat ek toe al klaa in Engels geskryfit, moet getranslate wôd in my moedertong. En dais wat ek móét doen. Come what may, is nou my djop.

Ôse Cape Muslim vernacular in geskriewe taal vangepen gierit ’n kans om gepreserve te wôd. It het my altyd gepla, na ek nou as ’n Kaapse skrywer bekend geraakit, dat ôse taal wat ôs assie Cape Muslims praat, met al ôse oumense tans begrawe wôd. Ek’t toe gerealise dat my Islamic masiet-wêrel ennie Western wêrel nie mee in isolation van mekaa kan liewe nie. Hence, “een voet innie kabr”, ’n mengelmoes van tale seamlessly in harmony in een boek, een community en een life arc, sonne discrimination vi ienage vannie tale.

Om te maningal (dood te gaan) is pa’t vannie cycle of life. Hoekô het djy dood gekies as ’n theme virrie storie? 

Ek hettie dood gekies as my main tema cognisantly nie, maa vi as ’n Moesliem is dood ’n living tema in ôse liewe en ôse doings every day. Ôs daily operation, decision-making en interactions wôd gelei, soes ôs belief system, dat alles wat djy doen, waa djy jou bevind en watse soote dealings djy mien bymekaar is, bou an op watse hiernamaals djy gan receive. Soe die good deeds, die kindness, die sadakas, die general service to mankind is allie boustiene vir ’n successful hiernamaals, hence is ’n goeie dood ennie sukses innie kabr, asoekie dag van afriekening, die ultimate aim, en alles wat djy doen wôd daadee gedictate en gegovern. Nou as djy die Moesliem community kyk van wie Een voet innie kabr vetel, issie temas van hoe djy die dood view, die respek wat saamet it gan, die reg vannie dooie, die mourning vannie dooie ennie eenvoudage loss vannie dooie iets wat hand vat mettie living. Want as djyrie dood ennie dooie met soeveel respek moet handle, dan issit net logical dattie living even more so met dai en beyondit getreat moet wôd. Soe die tema “dood” is actually nie ’n ytgesonderde eventie; is life en is in sy essence die living viewpoint van life. 

Die wood “kabr” uitie titel vannie boek – wat bedoel’it? Sê mee vi ôs lesers oorie kifaayts/janazas (begrafnis) en Moslem-begrafnisrituele, en hoe hierie dinge jou storytelling beïnvloed.  

“Kabr” isse graf, soe die titel is dan simply vetaal: Een voet innie graf. Dai’s iets wat ek constantly growing up gehoorit my ouma’le sê. Even as iemand ghaamiel (pregnant) was, sou my ouma sê: “As ’n vrou siek wôd (baby deliver), sit sy met een voet innie kabr.”Kifaaits” issie begrafnis en wôd soe gou as moontlik gedoen – no unnessasary delays tolerated. Soedrarie dood vannie mayet byrie toeka-manie aangemeld is, assit ’n vrou is, kom ’n vroue-toeka-manie die body besorg, en assit ’n man, ’n manlike toeka-manie. Dis mense wat ever-ready regstaan, day or night; hulle respond soes ’n fire brigade. Ommie mayet soe gou as moontlik narie passing te vesôg issie dooie se reg. Die ritual was ennie shrouding ensovoort moet spoedag georganise en ge-excecute wôd innie preparation virrie burial. Dis important, cos die familie wil dan in rotation of in congregant die body waak met beautiful recital vannie holy Quraan tot die begrafnis actually commence. Dai issie reg vannie dooie om al dai concern en care te receive, tot die mayet innie grond is. Assie mayet nie in ’n kifaait klops (doodgenootskap) wassie, issit nog ôs, die community, se duty ommie financial pât wat ytie community funds kom die janaza mie te settle ommie mayet se reg te fullfil.

Die is sieke vi my, en dis hoekom ek dai character, die mayet, haa eie stem gegie et, die mayet selfie protagonist in dai storie gemaakit. Ek kon dit als as ’n narrator gedoenit en dit was sieke die mees logical option, maa dan sallie first voice wattie dooie besit, nie dieselle krag gehad het as warrit nou soe staan hettie. Ek wou nie net hê die nie-Moesliem moet ’n goeie understanding vannie ritual ennie waarde daa’in sienie, maa oek dattie Moesliem reader die value innie fictional way warrit in geskryf is, kan veteer en internalise. Vi hulle half innie skoene vannie mayet proebee sit. Oek truly ôse value to the deceased is die importance van toeka-manie training, ennie continuous availability van sukke mense moet in ôse communities volhou, asoekie actual responsibility wat ôs as ’n community moet constantly van kan getuig.

Wie was jou intended audience met hierie boek? Sê vi ôs bietjie oorie audience se responses oorie algemeen, en highlights van jou boek launches.  

My intended first audience was obviously die Cape Moesliem community. Ek wou ve’al innie ha’tjie vannie Kaap dai mense wys dat ôs matter en ôs is gedruk en getik op papie. Ek was excited ommie community se pride en validation te hoo kom ytie audience na ’n reading, soe baie kee was hulle my audience as ek die stories ha’dop vi myself lies mettie rewrite, translation en editing processes. Die boek, in my humble opinion, het ek oek mettie mens wat nog altyd te skaam was om ’n Cape Moesliem te meet en iets oorie culture en traditions te vra, in gedagte gehou. Soe baie care was gevat in hoe ek die religion information mask in story en events. Ek wil at no point preachy sound en die leser lat voel djy moet dié wietie. Ek wou hê diegiene wat die information en practices vriemd voo is, moet at home voel, ongeag die strange en different. Hie was daa nou ’n soote handbook wat in stories nie net traditions en culture paintie, maa oek ’n glossary annie taalgebruik met definitions supply. Ek wou amal access na die experience provide.

Literature moet educate, al issit fiction. Of wat al gewonnerit oo die groot doeke en lang wit rokke wattie mans na hulle “kêk” dra. Sien, it gannie soe much orie mondering as warrit orie tipe stoffasie vannie Cape Moesliem bekendstellie. Ek’t oek gedink die taal sal ’n challenge wies, maa dis hoe mens bridge communities en mekaa truly sien. I mean, my eeste launch was daa predominantly 90% white folks, en hulle was ’n book club en herrit gelies en waardeer. Die tannies het innie comfort van hulle hyse gesit en veteer op hulle pace wie en wat die community soe eie an Kaap yt gebou is van. Die comments van dankies en hoe diep die understanding nou is oo die community, was heartwarming, soe dais hoekom mensie net skryfie, djy research en ken jou subject. Djy create complete multidimentional characters wattie reader kan mee identify. Djy as ’n skrywer offer ienage iemant met ’n lis vi lies ’n niewe wêreld om te explore, responsibly.  

Ek dinkie wisdom van Chimamanda Ngozi Adichie se Danger of a single story concept is wattie meeste vi my met Een voet innie kabr ge’influence et oo wie die audience warrit moet kry sal wies. Somtyds dink ek wie ôs as skrywers sometimes assie audience view is oek ’n danger van ’n single story en dié wat vannie kantlyn skryf hou dan nog altyd vas annie potential van warrit kon deliver. Ek’t al boeke gelies waa ommatie skrywer ’n theme anpak waarie viewpoint gan bly innie observational, en nooit soe intiem soes ’n lived experience ie, ve’al as mens ’n people wil narrate, die verhaal offie characters, ommat die inner understanding ontbriek, dit offensive raak virrie leser wat himself an dai mense vereenselwig. Dais altyd vi my ’n painful read. By my UWC launch het Antjie Krog gesê dat vir 100 jaa issittie eeste kee dat ’n lid van die einste Cape Moesliem community oo die community skryf. Voo dai wassit wit skrywers wat vanaffie margin vannie veld observe ’et en dan geskryf ’et. Dai’t my baie lat dink oo die issue van audience en wanne is temas matched in beste eie hanne as wannerit innie outer people se hanne is. 

En ek herrit vêre vestaan toe ek by ’n launch in Soutrivie ’n vrou van 97 ontmoetit en ek lee sy liesit vi haa peers en vrinne voo watse oë en soe an nie mee lekka issie. Sy sê an my hulle enjoyrie authentic taal, ennie characters ennie stories is soe typical. Sienie choices van wat om te highlight is wat Een voet innie kabr virrie characters daa’in gemaakit. Dissie ’n technical fictional samevoegingie, maa ’n organic lived life observation coupled mettie understanding vannie community dynamic stories. En soes ek haa hoo djoelyt oorie representation en validation wat sy innie boek enjoy, dink ek: I made it in time. Vir 100 jaa moes dié groos generation wag voo iemant neerpen hulle generation in ’n mees authentic validated rendition van “we matter” vasvang virrie wêreld om te sien. Hulle was in ’n boek wat, as hullerit lies, is hulle gerepresent authentically en hulle het substance en pride innit. Die characters is groot en oekie main ouens innie stuk. Hulle het ’n ambag en is slimkoppe wat daily challenges meet met wisdom en grace. Hulle’s respectable en refined. Resourceful. Stanvastag en classy – civilised.

Op ’n anne occasion kom ’n jongerage vrou na my narie launch en bedank my virrie storie “Die mayet”. Haa pa se kifaait wassie vorage wiek en dai storie, sê sy, het haa gesus en laat vestaan yt ’n fictional perspective dat sy en haa siblings mettie kifaait sy laaste rites fullfil en hoerit ’n honour is om dai te kan doen as ’n laaste ibaada (good deed) vi hom.

Dan meet ek ’n ou wat my ve’tel hoe hy en sy suster innie bookshop gestaanit en hoe hy toe hy my Een voet innie kabr oepmaak, en “Kinnes vannie Jannat” begin lies ennitie kon neesittie. Sy suster query toe na wat hy staanin lies soe andagtag, en toe hyrit vi haa wys, lies en react sy oppie writing asof syrit vestaan. Sy’s ’n 20-year-old. By rights moes sy nie dai geskryf kon liesie, of soe wil amal ’n mens lat vestaan. “Is mos vekeed gespel.” Hy vra haa of sy vestaan wat sy lies en of sy bewus is watte taal sy lies. Sy kyk hom toe vebaas an en reply, Afrikaans. Hy correct haa en ve’tel haa die history en commend haa oppie feit dat syrit kon lies soe easily. En hulle realise issie invloed van hulle grootoues se verbal usage vannie taal rondom hulle wat roots in hulle geskietit. Hulle al twie se first language is Engels. Hy’tie boek byrie launch gekoep en gesê hulle salit nou deel, maa hy wil eeste lies.

Dis maa ’n paa stories, maa daa was soe baie wat my lat ve’stanit ôs moenie hie ophou nie. Ôs moet continue ommie taal te try preserve in literature. Is ôse duty en responsibility as Cape Moesliem-skrywers.

Hoekô is storytelling ’n powerful method ommie Muslim culture en taal te represent? 

Stories het ’n way om more easily sy way in spaces te wikkel waa daa dalkie onne anne omstandighede soe iets possible vooheen wassie. Stories het perspectives en point of view, soe dit kan ytie nodage cultural view gegenerate wôd. Dit draw pictures met woore en kan genavigate wôd met taal. Die authentic expressions en vriemde understandings kan op dié wyse volle pictures gee wat ’n begin, mirrel en einde wys, ’n arc wattie opbou narie climax ennie repercussions innie aftermath visceral kan explain. Stories lei emotions en vra vir ’n reaction of interaction. It educates en introduce themes en understandings in cocoons wattie reader op sy eie tyd kan process in stages. Dit gie diegene wattie die culture hoegenaamd kennie, kans ommit in chunks wat hulle comfortable mie is, te ve’teer en dan te share met anne wat hulle voel needit oek. Stories is ’n tool om Moesliem culture accessible te maak.

Watter stories het ôs nog norag oppie Cape Flats?

Ek issie vannie Cape Flats nie, soe ek dinkie ek is qualified ommit te antwoodie, maa ek is qualified om te sê dat ôs need ôse eie stories om geskryf te wôd. In ôse taal dee ôse mense. Stories wattie hardships, maa soewel assie triumphant, against-all-odds successes, ve’tel. Ôs need stories wat ôse mense assie icons en idols vi ôse nageslag besôg. Vi hulle vewittag vannie tipe stoffasie waa’yt ôs gesny is, hulle gesny was. Ôse afkomstagheid. En hoe ôs apartheid en allie anne adversities survive en ge’outlivit. En boenop alles, ommat taal en identity mekaa constantly embrace – ôse kinnes lee om proud te wies van wat en hoe hulle praat. Die taal Kaaps validate op papie.   


Profile oo Gaireyah

Gaireyah Fredericks vannie Paarl self-publish 13 bundels, waavan Mientjies en Kaaps is Hollands virrie Eugène Marais-prys genominee was. Sy kryrie Neville Alexander Prestige Prize vi haa opoffering van tyd om Afrikaans vi amal toeganklik te maak ennie taal as ’n medium te gebryk om maatskaplike samehoragheit en nasiebou te bevôder. Sy onvangie Bevordering van Kaaps Eretoekenning vannie Wellington Stasiefest en ’n Eresertifikaat-toekenning vannie McGregor Poetry Festival committee, wattie plant van een indigenous bosboem in haa naam behels. Sy’s angewys assie Hugh Hodge Poetry in McGregor Acclaim 2023 recipient vi haa stanvastage mentorship van youth, ennie waardering en skryf van poetry en virrie empowerment om hulle eie wêk byrie festival te lies.

Sy kryrie Best Script Award vi haa dramateks Hanne innie lig, voete oppie grond byrie Departement van Kuns en Kultuur 2017/18-dramakompetisie en ve’owerie tweere plek innie Avbob Poetry Competition landwyd met haa poem “Dood”. Sy doen cultural advising en teselletyd screenwriting virrie soapie Suidooster. Sy complete ’ie Jakes Gerwel drie wieke residency en wêk an haa manuscript vi Kwela virrie launch van haa debuutbundel, Een voet innie kabr, in Januarie 2024. Sy complete annie Western Cape Varsity ’n BA Honours in Afrikaans en gradueer te Rhodes-varsity met ’n MA Creative Writing. Sy teach creative writing workshops in person locally, asoek online vi Photo Start wat in New York gebasee is en facilitate haa curriculum online oo’sie.

Sy wêk saamie Western Cape Varsity se Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) Departement met ’n Kaaps bilingual learning materials development projek waar sy vanne WKOD curriculum na Kaaps ve’taal. Sy ve’taal ’n ou Latynse gedig, “Landman en exile” wat dee Richard Whitaker vannie Varsity van Kaapstad na Engels ve’taal was virrie bundel The land wat Grant Parker, medeprofessor vannie Department of African and African American Studies innie Department of Classics by Stanford University in Amerika curate. Sy ve’taal Russell Kaschula’s Knife’s edge na Kaaps as Vlymskêp, as deel vannie Siyagruva Youth Collection. Sy vertaalie podcast episode Mourning the dead na Kaaps, wat oppie Prestwich Street Burial Ground gefocus is, geskryf dee Robyn Humphreys vannie Western Cape Varsity innie Department of Historical studies.

Lees ook:

Gaireyah Fredericks vertel oor die bekendstelling van haar boek Een voet innie kabr

Pasverskyn: Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks

 

 

The post Een voet innie kabr: ’n onderhoud met Gaireyah Fredericks first appeared on LitNet.

The post <i>Een voet innie kabr</i>: ’n onderhoud met Gaireyah Fredericks appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>