Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21652

Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig

$
0
0
Pharos Verklarende Afrikaanse Woordeboek (Labuschagne & Eksteen 2010)
pro•sce•ni•um [=ums, =nia] (<Lat) Voortoneel, gedeelte van die toneel vóór die gordyne.

Herman van der Westhuizen is die organiseerder van die Proscenium-dramakompetisie. Hy praat met Naomi Meyer hieroor en oor waarna teatergangers by die Suidoosterfees kan uitsien.

Daar word maklik gesê daar’s niks wat jongmense na ’n kunstefees sal lok nie, of niks op die program wat Afrikaanse en Engelssprekende tieners sal kan kyk nie. Hulle kan net sowel heeldag lank op Instagram sit en kyk hoe ander mense hulle grimering aansit, of allerhande ander goed aanvang waaroor mense liewers nie in die openbaar skryf nie! Vertel asseblief vir ons van die Proscenium-projek?

Die Suidoosterfees, die WKOD en die organiseerders van die Proscenium-dramakompetisieprojek het in 2024 hande geneem om hierdie projek van stapel te stuur. Die WKOD het die behoefte van Suid-Afrikaanse tekste vir gebruik in die klaskamer geïdentifiseer. Of hulle gebruik tekste van die internet waarmee die leerders nie kan identifiseer nie (meestal Amerikaans!) of wat nie gepas is vir die betrokke ouderdomsgroep nie. Daar is toe opdrag aan 15 skrywers gegee om dialoë van so 10 tot 15 minute lank in Afrikaans, Engels en Xhosa te skep. Die tekste is ook in die ander tale vertaal.

Tydens die finale rondes van die Proscenium-dramakompetisie in 2024 is 30 akteurs gekies wat in die 15 stukke kan speel. Hulle is van regoor die land. Die akteurs het saam met professionele regisseurs gewerk en die stukke is ook verfilm vir gebuik in die klaskamer.

............
Tydens die finale rondes van die Proscenium-dramakompetisie in 2024 is 30 akteurs gekies wat in die 15 stukke kan speel. Hulle is van regoor die land. Die akteurs het saam met professionele regisseurs gewerk en die stukke is ook verfilm vir gebuik in die klaskamer.
..............

Niks kom egter by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie.

Dis gratis. As jy by die Kunstekaap-teater kan uitkom, kan jy die hele dag lank kom sit en teater kyk. Vertel asseblief vir my van ’n paar van die stukke – Dag een, Lizzy en Loerie se bunk-transaksie, Interstellar, Droomkamer en Balkies?

Leighman Marshall en Luca Human (foto: Suidoosterfees)

Droomkamer

Met: Leighman Marshall en Luca Human
Teks: Ilne Fourie
Regisseur: Margit Meyer-Rödenbeck

Ronnie en Alex ontmoet mekaar in ’n kamer. ’n Donker kamer. ’n Wagkamer. ’n Droomkamer. Saam gaan hulle op verbeeldingsvlugte van dit wat hulle eens geken het, dit waarna hulle verlang en dit wat hulle nog wou doen. Soms het jy net ’n goeie storieverteller, ’n bietjie verbeelding en ’n vriend nodig om ou wêrelde te onthou.

’n Veelbeeldingsvlug van twee tieners wat vir ’n laaste keer vasklou aan hul drome.

Dag een

Met: Hanno van Zyl en Christian Nortjé
Teks: Johann Smith
Regisseur: Kobus Burger

Die toneel spreek die tema van verlies aan en dat verlies nie na ’n paar weke verdwyn nie, ten spyte van wat films ons laat glo. Alles in ons omgewings kan ons aan ons geliefdes herinner. In daardie oomblik is die pyn en die trauma amper dieselfde as op dag een, toe die geliefde gesterf het.

Die boodskap is dat dit oukei is om te verlang, om terugslae te kry, om nie dadelik beter te voel nie.

Loerie en Lizzy se bunk-transaksie

Met: Alison Jegels en Cara Erwee
Teks: Karli Heine
Regisseur:
 Derek Daly

Twee kennisse deel ’n bunking spot agter die sportveld se pawiljoen.

Die sessie begin met ’n uitruiling van ’n tydskrif en ’n polonybroodjie. Hulle is nie vriende nie, maar hierdie onderhandeling gebeur gereeld genoeg sodat die volgende speletjie vir hulle natuurlik plaasvind – nie deur gewone gesprekke te voer nie, maar deurdat gebeurtenisse om die beurt uitgespeel word as ’n tipe uitlaatklep en terapie.

Die speletjie word uiteindelik te ver gedryf en hulle word gedwing om ’n normale gesprek te voer waar hul herbesin en tekens van ware vriendskap begin wys.

Interstellar

Met: Darren Cloete en Thomas Janisch
Teks: Mikyall Harris
Regisseur: Lee-Ann van Rooi

Two boys in the exam hall. The ticking of a clock; the precisely marked space between their desks. The paper, the pen and them. Maxwill is an optimist; Arnold is a realist. One thing they have in common is their competitive nature – or is there one more thing? Follow this journey of how two teenage boys find themselves and their goals by exploring the stars in the Western Cape.

Principalus broccalus

Met: Nina Strydom, Francois Retief en Zimfefe Lamani
Teks: Angelique Filter
Regisseur: Liza van Wyk

’n Aspersie en ’n broccoli stap by die skoolhoof se kantoor in. Dit blyk dat dié twee groentes eintlik net doodgewone tieners is. Wat begin as ’n kalm gesprek oor die lewe in die skoolopset word gou ’n ondervragingsessie.

Balkies

Met: Jean Retief & Chan Matthee
Teks: Jason Jacobs
Regisseur: Nicole Holm

Langs die Eersterivier. Dit is aand en Herrus, ’n tiener en matrikulant, is hier. Nog in sy skoolklere met sy swaar baadjie vol balkies: akademie, sport, kultuur, prefek, hoofseun en meer.

Kabous, eens ’n jongman wat mens nooit sou glo ’n rugby-uitblinker op skool was nie, deel nou sy storie vanuit ’n ongewone perspektief. Vandag is hy ’n klip, diep onder in die Eersterivier, en hy “reflekteer” oor sy kort tydjie as mens.

Ek wil hierdie stukke saam met my eie tieners kom kyk! Vir watter ouderdomme is hierdie geskik? En sou grootmense sit en verveeld wees?

Die stukke is geskryf vir gebruik in die klaskamer vir skeppende kuns tot graad 9 en dramakuns van graad 10 tot 12. Die teikengroep is dus hoërskoolleerders, maar volwassenes sal die stukke net so baie geniet.

............
Die stukke is geskryf vir gebruik in die klaskamer vir skeppende kuns tot graad 9 en dramakuns van graad 10 tot 12. Die teikengroep is dus hoërskoolleerders, maar volwassenes sal die stukke net so baie geniet.
.................

Hoekom bestaan ’n kompetisieprojek soos Proscenium? Waarom is teater lewensbelangrik – ook vir skoolkinders en jongmense?

Die Proscenium-dramakompetisie is ’n kompetisie vir individue en nie toneelstukke nie. Die doel is om leerders aan die bedryf bloot te stel en ook om leerders se veelsydigheid te toets. Daarom doen hulle verskillende tipes verhoogwerk, televisie op die sepie Suidooster se stel, oorklanking en radiodrama by RSG. Hier is ons algemene kort opsomming:

Die Proscenium Dramakompetisie bied aan hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 die geleentheid om individueel deel te neem en hul kreatiwiteit op nasionale vlak uit te leef.

Die doel van die kompetisie is om jong akteurs bekend te stel aan die wêreld van die uitvoerende kunste. Dit sluit teater, televisie, radio en oorklanking in.

Na landswye uitdunrondes word 70 finaliste genooi om vanaf 14 tot 17 Mei 2025 in die Kunstekaap Teater aan die finale rondes deel te neem. Verdere inligting is by www.proscenium.pro.

Gee asseblief ’n paar praktiese besonderhede: Hoe werk dit, waar word dit aangebied, waar kan mens nog meer besonderhede kry? Dalk kan skole en hul drama-onderwysers ook hiervan kennis neem!

Al die tye is op die Suidoosterfees se program. Besoek hulle webwerf vir die tye. Bespreking is nie nodig nie, jy kan net opdaag.

Lees ook:

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien

Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Persverklaring: Komedie by Suidoosterfees bring lekkerlag-terapie teen die lewe se sorge

Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann

Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien

Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees

Suidoosterfees 2025: Stormkaap: Kom drome andersom uit?: ’n onderhoud met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees

The post Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig first appeared on LitNet.

The post Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21652

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>