
Foto: Nguyen Ngoc Tien via Pexels
Ek en ’n paar vriende is genooi om ’n tradisionele Viëtnamese troue by te woon. ’n Vriend van Duitsland trou met ’n plaaslike meisie ’n paar jaar ouer as hy.
Met my nuwe 125 cc-motorfiets is ek vort na ’n klein dorpie, slegs ’n hanetree van een van Viëtnam se spoggerigste eilande, Cát Bà.
Vir drie uur kronkel ek deur ryslande en morbiede snelweë tot by ’n plek waarvan ek die naam nie kan uitspreek nie.
“Where are you?” vra Mohammed, ons vriend van Egipte.
Ek stop langs die pad by ’n suikerrietsapwinkel en stuur vir hom ’n live location sodat hy kan opvang.
“You are 12 kilometres away,” laat weet hy.
........
Elandré se “Meer” speel herhaaldelik in my ore – ’n herinnering aan die outjie van Potchefstroom.
........
Ek kan of wil eerder nie wag nie en besluit om aan te stoot. Ek koop ’n glasie sap en durf die versengende hitte aan. Elandré se “Meer” speel herhaaldelik in my ore – ’n herinnering aan die outjie van Potchefstroom.
Die GPS-koördinate neem my tot by ’n klein huisie met ’n dam. Die deurlooppad is afgesper met ’n groot gazebo, ’n faux grasmat op die grond en rye wit kunsblomme aan die kante. Op ’n tafel, waar die motorfietse staangemaak moet word, staan troufoto’s van die paartjie.
“I have arrived,” laat weet ek vir Noël, die bruidegom. Hy ontvang my by die gazebo, skree iets in Viëtnamees aan ’n maer, bruingebrande man.
“Leave your bike,” sê hy, “he will take it.”
Hy vat my rooi rugsak en neem my na ’n groter gazebo wat in die agtertuin opgeslaan is. In die tuin staan vyf rye ystertafels, oorgetrek met crème tafeldoeke. Kunsblomme, bier en grondboontjies is op elke tafel. Links van my is ’n verhoog met die paartjie se name lewensgroot: Noël & Ngọc An. Die goue glitter-letters blink in die laatmiddagson.
By ’n tafel sit drie jong mans. Hulle drink ryswyn en eet bakke vol witrys.
“You can sit here. They are my students,” sê Noël en trek vir my ’n stoel uit. ’n Regte gentleman.
Die mans laat my onmiddellik welkom voel en skink vir my ’n klein glasie ryswyn. Ek het nog niks geëet nie, maar vir drank sê ek nooit nee nie. Sou ek, is ek ongeskik.
“We are going to party tonight. Dancing, dancing,” sê die man naaste aan my. Nogal ’n aantreklike klong, maar bloedjonk.
Shot. Shot. Shot. Een ná die ander word aan my gegee. Ek sluk dit af. Berou dat ek by hulle gaan sit het. Vanaand is ek hoenderkop. Dit wéét ek.
........
Ek huiwer eers, maar voor ek my kon kry, is ek op die verhoog, besig om soos ’n besetene te dans.
........
Teen sononder neem ons ons plekke in aan tafel. Verskeie soorte kos, bier, koeldrank en sigarette word voor ons neergesit. Regs van my, op die verhoog, verwelkom die seremoniemeester die gaste. Daarna speel ’n paar Duitse en Viëtnamese liedjies. Ek huiwer eers, maar voor ek my kon kry, is ek op die verhoog, besig om soos ’n besetene te dans.
Een van die mans bring vir my ’n Heineken-bier.
“You look thirsty,” sê hy. Ek vat die bier en gaan leunstaan teen ’n pilaar by die dam. Noël kom nader gestap.
“Hold my beer,” sê ek met dringendheid. Ek gaan staan aan die kant van die dam en gooi op. Die wit eende kom nader geswem.
“Jesus, are you okay?”
Kate, ons vriendin van België, kom staan by my. Haar lang rastalokke hang los oor haar rug.
“I want to go back to the hotel. Can I take your bike?”
Ek knik. “Will you drive?”
Sy lag. “Yes, Kai, let’s go. Can you still walk?”
“Yes, I’ll just follow the lights,” sê ek en stap vat-vat aan die tafels tot by die motorfiets.
Ek en Mohammed ry die volgende oggend in ’n konvooi al met die hoofstraat af tot by die treurige trouvenue. Kate en Danny sal heelwat later volg. Hulle is laatslapers.
Die ryslande blink op die verre horison teen die rooi bal wat kop uitsteek. Ek het lanklaas die sonsopkoms gesien – die laaste keer was op die vlug na Egipte.
Soos ons by die venue aankom, stop Kate en Danny langs ons. Dit wemel van mense. Twee bussies laai nóg gaste af – Duitsers en ’n klomp Viëtnamese.
“You guys must put your suits on. We need to take photos before we head to the ceremony.”
Noël is reeds in sy oorgrote swartpak. Die sweet maak sakke onder sy arms. Dis warm én bedompig. Net die Here weet hoekom ons in pakke moet wees. Niemand anders is nie.
Ná ons aangetrek het, gaan staan ons, die strooijonkers en strooimeisies, voor die beknopte huisie se deur. Die fotograaf is gereed met sy Canon en dié se ekstra lang lens.
Binne-in die huisie staan hampers in verskillende groottes op die vloer; bokse koekies toringhoog op ’n paar hampers gepak. Op ander is Coke-blikkies, rys, vrugte en foto’s. En voor op die vloer, uitgestrek op ’n lang bord, lê ’n gespitbraaide vark. ’n Flatty. Sy kloue, kop en tande alles nog intact.
........
Elkeen kry ’n hamper wat hulle moet dra. Voor my is Mohammed. Hy stap na binne. Twee helpers sit die vrolike vark in sy hande.
........
Een vir een word ons na binne geroep om saam met Noël te poseer. Elkeen kry ’n hamper wat hulle moet dra. Voor my is Mohammed. Hy stap na binne. Twee helpers sit die vrolike vark in sy hande.
Ek en Danny staan buite.
“Who the fuck gave the Egyptian Muslim the pig?” vra Danny. Ons bulder van die lag.
Die fotograaf roep my na binne. Die hamper met die koekies word in my hande geprop. Foto’s word geneem.
Daarna word ons buite in ’n lang ry staangemaak met die hampers – soos skape op pad na ’n voerkraal of abattoir. Ek staan direk agter Mohammed. Die vark begin sweet. Vet begin op sy bruin leerskoene drup. Niemand kan hulle lag hou nie.
“How are you feeling, Mr Mo?” vra ek aspris.
Hy gluur my aan. Ongelukkigheid is oral op sy gesig te bespeur. “I’m not happy at all. I might leave,” sê hy en stap verder met sy vark.
By die trouvenue word nog foto’s geneem. Ons word beveel om ons crème áo dàis – die tradisionele Viëtnamese troudrag – aan te trek.
“Kai, after changing, will you please take the pig?” smeek Mohammed.
Ek probeer om nie te lag nie.
“Yes, of course. I’ll carry the pig.”
“Man, look at my shoes.”
Mohammed wys na sy natgedrupte olieskoene.
“I thought this thing was fake until it started to leak. My hands are full of fucking pig juice.”
Danny kom nader gestap.
“Haram. Haram. Your pig is haram. Now you won’t go to heaven. Allah will lock the gates,” spot hy.
.........
Op die skinkbord is ’n rooi hoop rys. En bo-op sit ’n heelgekookte hoender met ’n rooi roos in sy bek.
.........
Mohammed kyk na die eende wat op die groen dam swem. “I’ll leave this shit show and go to Cát Bà. They must be careful.”
Noël kom na ons toe aangestap. Hy is in ’n rooi áo dài. Die sweetpêrels lê op sy voorkop. “Can someone please help by carrying the chicken?”
Almal huiwer om te antwoord. Danny gee eindelik in.
“Sure, I’ll help.”
Hulle stap tot by die parkeerterrein.
Later keer Danny terug met ’n skinkbord. Op die skinkbord is ’n rooi hoop rys. En bo-op sit ’n heelgekookte hoender met ’n rooi roos in sy bek.
“What the fuck?” vra Mohammed in lettergrepe.
“We have an entire farm at this wedding. First a pig and now a chicken. Are they going to eat this?”
Ek lag.
“You know they are Vietnamese. They eat everything,” sê ek.
“I was seeing a Vietnamese. But now I think I will end things before I get forced into a horrible wedding like this. I don’t want pigs and chickens and all kinds of absurd shit in my life. Fuck it, I’m out.”
Lees ook:
The post ’n Mohammedaan en sy vark first appeared on LitNet.
The post ’n Mohammedaan en sy vark appeared first on LitNet.