
Foto: Canva
Hollywood
ek het gedroem van ’n pa wat oppie punt van kopbeenplek gestaan het,
ennie drankdemoon access deny het.
“niemand so onheilig en verwoestend verdien ’n kruisiging langs die messiah nie!”
het hy virrie kontverstom toeskouers toegesnou.
hy’t sy rug op my gedraai
en hy’t my truggeskop na waar ek besig was om in my kussingsweet te versuip.