Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21793

Gekkedag: Die 0,5% BTW-verhoging het vinniger gekom

$
0
0

  • LitNet het sy lesers uitgenooi om iets vir Gekkedag 2025 te skryf. Jy is ook welkom om iets te stuur! Lees Leonard McKay se bydrae hier onder.

Die middag het die dag gebreek. Die aankondiging is toe gemaak en die twee bure loop mekaar raak in hul agterplase.

Tisa: “Middag, buurvrou,” breek die een uit, half kortaf.

Elize: “Haai, buurie, jy’s mos heel môre skaars. Ek het jou nie vanmôre met ’n oog gesien nie.”

Tisa: “Nee wat, ek was besig binne die huis. Dit gaan goed en saam met jou?”

Sy’t nie juis lus vir geselskap hou nie.

Elize: “O, oukei! Seker een van daai dae?” Neem sy aan.

Tisa: “Nee, glad nie. Ek het mos gesê dat ek besig is binne die huis.”

Elize: “Ek verstaan, buurie, maar het jy gehoor van die 0,5% VAT-verhoging?”

Tisa: “Ek het so iets half gehoor van die regering.”

Elize: “Ja, ja! Dit sal nou ’n slegte ding wees, my mens. Alles sal nou weer opgaan, tot die kos ook.”

Tisa: “Ek hoor die mense in die regering het gedans soos hulle die verhoging gevier het.”

Elize: “My suster, jy moet nie daaroor praat nie. Die regering van die dag dink nie aan ons burgers nie. Ons sal die swaarste trek. Ai, julle!”

Tisa: “Jy slaan nou die spyker op die kop. Laat ek eers hier ingaan.”

Elize: “Wag, buurie, voor jy ingaan.”

Tisa: “Ek luister?”

Elize: “Ek wil daar eers ’n bietjie koffie en suiker by jou geleen het voor die 0,5% VAT inskop? Sommer met ’n koppie warm water ook ...” saam met ’n skelm glimlag op haar gesig.

Tisa: “Ek sal seker ook maar saam met die politiekery stem dat die VAT-verhoging vinniger moet inskop” terwyl sy na haar oop kombuisdeur toe stap.

Elize: “Moet ek maar hier staan en wag?”

Tisa: “Wag maar en kyk of die 0,5% nie al ingeskop het nie. Nogal warm water ook soek ...” terwyl sy in die kombuis wegraak.

Tisa het in haar huis ingegaan, terwyl Elize verbaas nog buitekant staan in haar agterplaas.

Lees Gekkedag 2025-bydraes hier:

1 April 2025: Gekkedag-uitnodiging

Gekkedag 2025: ’n slang in die gras

Gekkedag 2025: Die hoogtepunt van wanhoop

Gekkedag 2025: Maak vol asseblief

Gekkedag 2025: By ampermoedverloor, ’n klippepad, slaggatpad en ’n bakkopslang verby

Gekkedag 2025: Om oor ’n swart hond te struikel

Gekkedag 2025: My man is ’n man met ’n plan (en hy sing soos ’n kanarie)

The post Gekkedag: Die 0,5% BTW-verhoging het vinniger gekom first appeared on LitNet.

The post Gekkedag: Die 0,5% BTW-verhoging het vinniger gekom appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21793