Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21786

Lot onthou 'n probleem

$
0
0

Foto: Canva

Lot onthou ’n probleem
(oor die eerste boek van Moses hoofstuk 19)

my vrou juis dié oggend steeds in haar lentebui
dit kom van ver af al – vanaf ons bruilofsnag in Sodom –
ná my aandrang – reg uit die bloute: nee! sag probeer sy keer
onthou: ék moes mos tussen hulle en my huis medieer

maar sy’t toe tog haar kleed effentjies gaan staan en optrek
(hoe voel ek nog die Een se oog saam gewigtig oor my skouer kyk
met Sy hand wat uitreik om haar vas te gryp)
haar blik steeds neergeslaan
om haar voete eers aandagtig beheers een vir een in te wikkel
in daardie sandale veels te kaal maar nog so nuut
en stadig op die voetbankie die klein goue gesnede gespes
self vir ’n slag teen elke enkel vas te trek

sodat sy eers daarna met hoë wenkbroue
(ook dít kom al van ver af)
haar oë weer op die grond
strammerig soos ’n remskoen aan Sy hand
weg van die huis af en haar hoenderhenne
uit oor die werf kon begin te loop

en ek ten diepste verlig
dat ons twee so saam kon vlug 

The post Lot onthou 'n probleem first appeared on LitNet.

The post Lot onthou 'n probleem appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21786