Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Het ons verhoudinge met gadgets en status updates vervang?

$
0
0

Stap maar enige inkopiesentrum binne. Dieselfde toneel speel hom oral af.

In restaurante sit mense aan dieselfde tafel, elkeen met ’n slimfoon. Net die minimum word met hul tafelgenote gepraat. Groepe tieners kom bymekaar in byna absolute stilte, oorfone in die ore, vingers op die skerm. Die foon vereis hulle algehele aandag en konsentrasie, mett uitsluiting van die ander langs hulle.

Sosiale media bring ons in oombliklike kontak met mense aan die ander kant van die aardbol. Terselfdertyd laat dit ons kontak verloor met dié hier by ons, onder ons neuse.

Die vervreemding is algeheel. Basiese goeie maniere bestaan eenvoudig nie meer in elektroniese kommunikasie nie. Dalk is dit omdat mense mekaar nie meer in die gesig hoef te kyk wanneer hulle kommentaar lewer nie. Die gevolge van wat jy voor jou rekenaarskerm tik, raak jou nie direk nie. Jy hoef nie môre in die oë te kyk van die persoon wat jy vannag afkraak nie. Jy hoef nie die seerkry te hanteer nie. Jy hoef inderdaad nie eens te weet wie die persoon aan die ander kant van die skerm is nie. Hulle hoef beslis nie te weet wie jy is nie, en daarom ontkom mense meesal aan die gevolge van hulle elektroniese wandade.

Meesal, maar natuurlik nie altyd nie, soos wat Penny Sparrow tot haar droefheid en groot finansiële skade agtergekom het.

Boonop, anders as in die ou dae toe jy poskantoor toe moes gaan om ’n brief te pos, is reaksie met die druk van ’n knoppie moontlik. Waar jy kon kalmeer op pad posbus toe en tot ander insigte kom, is daai buffer wat deur tyd geskep kan word, nou verwyder. Jy kan reageer sonder om te wag. En die meeste mense doen dit. Onnadenkend, in die hitte van die oomblik, sonder om die impak op die ander persoon te oorweeg.

Koppel dit aan ’n generasie kinders wat voor die televisie en met die konsoles van videospeletjies grootgeword het, eerder as die geselskap van maats, en die resep is daar vir sosiaal-wanaangepaste mense wat teenoor ander optree asof die ander outomate sonder gevoelens is. Hulle verwag dat mense soos die Roadrunner sal wees wat van die hoogste berg kan afval en geen beserings opdoen nie.

Selfs die terminologie maak verbintenisse verwyderd van normale interaksie moontlik, en selfs aanvaarbaar. Op Facebook kan jy ’n totale vreemdeling “friend”. Gewildheid word gekoppel aan hoeveel mense jou foto's of statusse “like”, of hoeveel mense jou volg. Die definisie van ’n vriend is nou iemand wie se Facebook-statusse jy op gereelde basis “like”.

Die statusse is meesal ook maar banaal – foto's van jou “friend” se laaste maaltyd/troeteldier/vakansie/aktiwiteit. Die gevoel word geskep dat jy weet wat in die “friend” se lewe aangaan, sonder ware intimiteit wat tradisionele vriendskappe kenmerk. Dit maak dat die manier waarop ons die kwaliteit van ons interaksies meet, verander en vervlak.

Ons gaan selfs so ver as om die gadgets wat ons koop, te meet aan hulle vermoë om sosiale media te hanteer. Selfone se kameras moet foto's van ’n sekere kwaliteit kan neem. Sekere selfone gaan in 2017 nie meer WhatsApp nie, en dus word hulle nie meer gekoop nie.

’n Vriendin van my, in die outydse definisie van die woord, bedoelend iemand met wie ek aangesig-tot-aangesig tyd deurbring en met wie ek die klein besonderhede van my lewe deel, weier om op Facebook of ander vorme van sosiale media te gaan. “Niemand het vyf honderd vriende nie,” sê sy, “dis boereverneukery.” Sy het nie ’n teenwoordigheid op Facebook of Twitter of Instagram of Pinterest of enige van die ander vorme van sosiale media nie. WhatsApp is die een toegewing wat sy maak, maar selfs daar is dit nie altyd verseker dat sy haar boodskappe lees nie. Sy antwoord wel altyd haar landlyn as jy bel. En sy is heeltemal gelukkig en tevrede daarmee dat sy nie weet wat Piet vandag vir ontbyt gehad het nie. Sy weet wat aangaan in die lewens van haar tien vriende en twaalf kollegas.

Een keer ’n jaar gaan ek op ’n elektroniese detoks. Ek gaan vir ’n week nie op Facebook of Twitter of Instagram nie. Ek lees nie e-posse nie. Ek skakel my selfoon en tablet en skootrekenaar af. Net drie mense het die telefoonnommer vir my alternatiewe selfoon – een wat glad nie in staat is om selfs te WhatsApp nie. Ek kyk nie televisie nie. Ek lees wel hope boeke – regte boeke op regte papier. As ek wil weet wat in iemand se lewe aangaan, maak ek ’n afspraak en drink koffie en gesels.

Die wêreld vergaan nie. Die aarde hou steeds aan draai. Die meeste van my elektroniese “vriende” kom nie eers agter dat ek verdwyn het nie, want daar is nog 499 ander “vriende” wat hulle aandag gevange hou.

Natuurlik is dit tydrowend om tyd met vriende deur te bring. Facebook is maklik. Jy hoef nie jou swaarkry en seerkry en hartseer te deel as jy nie wil nie. The sun always shines on TV. En op sosiale media. Dis verkieslik dat jy net die vrolike uittreksels uit jou lewe deel. Niemand wil ’n kla-kous-“friend” hê nie.

Ek het die grootste bewondering vir persoonlikhede soos Elizabeth Gilbert wat haar lewe so vryelik met volgers deel. Die hoogtes en laagtepunte word als deel van haar status updates. Ek vermoed egter wat ons sien is grootliks die brand Liz Gilbert™ en nie die persoon nie.

Daar is niks privaat omtrent sosiale media nie. Joernaliste gebruik die status updates van bekendes as die basis van nuusberigte, omdat dit as openbare mededelings beskou word. Werkgewers kan optree teen werknemers op grond van stellings wat op sosiale media gemaak is. Stalkers gebruik dit om inligting in te win oor mense met wie hulle nooit IRL (in real life) te doen sal kry nie.

Want dis ’n fantasie. Sosiale media is nie real life nie. Om iemand te leer ken op grond van hulle mededelings op sosiale media, is om “pin the donkey” geblinddoek te speel en te dink jy sal die donkie herken wanneer jy dit van ’n afstand sien. Dis hoekom daar altyd vir my ’n oomblik van disconnect is wanneer ek iemand wat ek net van sosiale media ken, die eerste keer IRL ontmoet. Die donkie lyk nie soos die skets nie.

Die grootste fout wat ons kan maak, is om te dink dit wat ons elektronies raakloop, is altyd eg.

Dit is nie. Dis baie keer boereverneukery.

The post Het ons verhoudinge met gadgets en status updates vervang? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>