Die Cape Consort-koor nooi almal na hul konsert, Polychoral Splendour, wat op Sondag, 25 September om 4nm in die wonderlike argitektoniese ruimte van die Lutherse Kerk in Strandstraat, Kaapstad, plaasvind. Die Kaapstadse Kamerkoor en die senior koor van die Hoërskool Stellenbosch sluit by hulle aan vir ’n program van musiek deur Lassus, Gabrieli, Praetorius en Schütz. Die instrumentale groep sal vir die eerste keer ooit sackbut, kornetto en dulsiaan insluit.
Aanlynbesprekings is nou oop deur Quicket, maar daar sal ook kaartjies by die deur beskikbaar wees.
The post Uitnodiging: Cape Consort-kooroptrede appeared first on LitNet.