Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

LAPA spog met iets vir almal in September

$
0
0

Fiksie

vergete leuensVergete leuens

Lien Roux-De Jager

9780799381092

R215.00

Koop die boek hier.

Kalli Krynauw, ’n forensiese psigofisioloog en een van Secret Intelligence Services se staatmakers, probeer drie moorde in ’n gesellinklub ontrafel. Só leer sy veel meer van prostitute en van die ingewikkelde, tragiese lewens wat hulle tot die oudste beroep op aarde aanspoor, maar niks wat vir haar in die moordondersoek van waarde kan wees nie. Telkens laat ’n nuwe leidraad haar weer in ’n doodloopstraat beland.

Die dringendste vraag is hoe die moordenaar, indien dit dieselfde persoon is, toegang tot dié streng bewaakte klub gekry en weer sy pad na buite gevind het? Uiteindelik moet Kalli haar instink volg en aanvaar die raaisel van hierdie moorde lê by die gesellinne, al is hulle soos susters vir mekaar. Dít lei haar na ’n wêreld van kindermolestering en die afskuwelike gevolge daarvan.

Hierdie keer is dit nie net Kalli se veiligheid wat op die spel is nie; haar vierjarige dogtertjie is weerloos en die wêreld is groot.

Die briljante Kalli Krynauw laat egter nie los as ’n saak haar eers “gehaak” het nie.


springgetySpringgety

Chanette Paul

9780799381108

R260.00

Koop die boek hier.

Toe Lily Reynecke Maja se voetspore Kruisbaai toe volg in die hoop om haar lewe weer aanmekaargelym te kry, weet sy nie dis ’n plek waar die dood tasbaar na siele vra en die geskiedenis hom telkens herhaal nie.

Kort ná haar aankoms eis Springklip, die hoë krans waar reeds vier kruise staan, nog ’n lewe. Is dit nog iemand wat gespring het, of is die persoon gestamp?

Springgety is die eerste boek in die Gys Niemand-reeks wat nou weer opnuut uitgegee word. Dit is reeds die derde keer dat LAPA hierdie reeks uitgee. Gys Niemand mag dalk nie die vinnigste speurder in Suid-Afrika wees nie, maar hy is gewild.

Hoekom werk Gys? Chanette Paul skryf lekker. Dis nou maar wors. Lesers identifiseer met haar sterk vroulike hoofkarakters, maar talle het ook ’n sagplekkie vir daardie groot ou, Gys, wat so effens onbeholpe voorkom – veral as dit by vroue kom.

Springgety is die eerste naelbyter in die Gys-reeks. Die ander vier sal oor die volgende paar maande verskyn.


Niefiksie

ek ek ekEK! EK! EK! Herken en hanteer narsiste

Riette Rust

9780799367447

R200,00

Koop die boek hier.

Ja, dis ’n boek met hoofletters. Soms is daar mense by die werk, of kerk, wat ook in hoofletters praat. Alles draai om hulle, alles moet volgens hulle program geskik word. Jy is moeg ná ’n vergadering met hulle en is nooit goed genoeg nie.

Klink dit bekend?

Wat van verhoudings? Hy is aantreklik, sjarmant en intelligent. Hy dra jou op die hande en julle hang aan mekaar se lippe, maar dan begin dinge verander. Hy vereis voltydse aandag, goedkeuring en bewondering. Vir jou gevoelens en behoeftes voel hy vere. Trouens, hy beheer jou ten volle. Hy het selfs jou drome by die venster uitgegooi. Niks is ooit sy skuld nie en hy sê ook nie hy is jammer nie. Waag jy dit om hom teen te gaan, of te kritiseer, gooi hy ’n woedebui wat ’n tweejarige sal laat skaamkry.

Klink dit bekend?

Talle van ons het al met sulke mense te doene gekry. Hulle is bitter moeilik om te mee saam te werk of te leef. Riette Rust ondersoek die narsisme-epidemie; hoe om narsiste te herken en hoe om hulle te hanteer. Sy help veral met die vroeë waarskuwingstekens. Dan delf sy verder: Wat is die eienskappe van ’n narsis? Daar is selfs ’n kontrolelys, sodat jy kan kyk of jy wel met ’n narsis te doen het.


ekon kosClover Ekonomiese Gesinskos

9780799374650

R165.00

Koop die boek hier.

Om gesonde kos vir ’n gesin te maak, bly ’n uitdaging, veral as jou begroting beperk is. Clover het 100 smaaklike resepte ontwikkel wat nie net maklik en goedkoop is om voor te berei nie, maar ook die hele gesin sal laat smul.

Met Clover aan die stuur, val die kollig natuurlik op Cloverprodukte wat op slim maniere inkorporeer word om smullekker resepte te ontwikkel – van sop en ligte etes tot hoofgeregte (rooivleis, hoender, vis en vegetaries) en ietsie soet.

Clover Ekonomiese Gesinskos is die ideale boek vir diegene met ’n streng begroting wat wil kosmaak sonder om geur en voedingswaarde in te boet.

’n Persentasie van die boek se verkope word aan die Clover Mama Afrika-projek geskenk.


clover familyClover Economical Family Fare

9780799374667

R165.00

Buy the book here.

Planning and preparing healthy food for a family is challenging, especially when you are on a limited budget. Clover has developed 100 tasty, crowd-pleasing meals that are inexpensive to prepare and serve.

With Clover steering the project, the spotlight falls on Clover products that have been cleverly incorporated to create mouth-watering recipes ranging from soups and light meals to main meals (red meat, chicken, fish and vegetarian) and sweet treats.

Clover Economical Family Fare is the perfect book for anyone on a tight budget who does not want to sacrifice flavour, nutrition or the satisfaction of making good food.

A percentage of the book’s profits will be donated to the Clover Mama Afrika project.


koekiesPrettige koekies

Marlene Schoeman

9780799379754

R130.00

Koop die boek hier.

Indien jy ’n kinderpartytjie beplan en min tyd het, of nie regtig kan koek bak nie, is hierdie boek vir jou! Prettige koekies se reeks indrukwekkende kinderkoeke sal ouer- en kinderharte verbly, want dis nie net mooi nie, maar word uit winkelkoekies geskep. Dis reg! Al die pragskeppings word gebou met welbekende koekies wat in elke supermark of kafee beskikbaar is.

Die projekte konsentreer op winkelkoekies wat op ’n drie-dimensionele manier gekombineer word met plastiekversiersel. Dit beteken dat mense sonder ’n oond nog steeds pragtige koeke kan optower. Elke projek bestaan uit gedetailleerde stappe wat deur fotomateriaal gerugsteun word.


Vir die jongklomp

j boer j huis j klip j kraal j vis j wil trou

Ek lees self: Jakkals en Wolf

Wendy Maartens

R50 per boek

Jakkals en Wolf beleef hope avonture saam. Hulle vang vis, maak ’n draai in Boer se skaapkraal om ’n paar vet skape te probeer vang, en bou selfs saam-saam ’n huis. Die skelm Jakkals is egter gedurig besig om vir arme ou Wolf ’n streep te trek of nare poetse op hom te bak.

Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met die prettige avonture van Jakkals en Wolf. In hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke stories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak.

Ek lees self: Jakkals en Wolf en die klip; 9780799379129 (Koop hier)

Ek lees self: Jakkals en Wolf vang vis; 9780799379075 (Koop hier)

Ek lees self: Jakkals en Wolf in boer se kraal; 9780799379105 (Koop hier)

Ek lees self: Jakkals en Wolf wil boer; 9780799379082 (Koop hier)

Ek lees self: Jakkals en Wolf bou huis; 9780799379112 (Koop hier)

Ek lees self: Jakkals en Wolf wil trou; 9780799379099 (Koop hier)


Geheime bestanddeelDie geheime bestanddeel in Petra Pienk se Piesangbrood

Fanie Viljoen

9780799374032

R100.00

Koop die boek hier.

Op ’n dag kry Petra Pienk ’n briljante plan... Sy gaan piesangbrood verkoop! Dis nie sommer gewone piesangbrood nie – Petra voeg ’n geheime bestanddeel by. Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. En iemand is desperaat om uit te vind wat die geheime bestanddeel is ...


Oepsedaisie luluOepse Daisy, Lulu

Fanie Viljoen

9780799377262

R100.00

Koop die boek hier.

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos ’n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in ’n groot operakonsert te sing.

Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar ’n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie.

Dit lyk egter of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. Kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ...


oseaanOseaan

Koproduksie met Eyewonder

9780799379242

R120.00

Koop die boek hier.

Kom duik saam in die dieptes en ontdek die geheime van ’n betowerende onderwaterwêreld. Vind uit watter fantastiese seediere in ’n koraalrif woon, trotseer die ysige waters van die poolstreke saam met ysbere en pikkewyne, en kom van aangesig tot aangesig met vreesaanjaende haaie.

Jy sal verstom wees om te sien watter indrukwekkende verskeidenheid diere en plante in ons wêreld se oseane woon – van piepklein plankton tot die reusagtige blouwalvis.


sterreSterre en Planete

Koproduksie met Eyewonder

9780799379259

R120.00

Koop die boek hier.

Kom reis saam deur die ruimte en ontdek ons asemrowende sonnestelsel. Kyk van naderby na die Aarde se son en maan, verken die planete en die Melkweg, en vind uit hoe ruimtevaarders aan boord van ’n ruimtestasie leef.

Mense staar al eeue lank na die hemelruim – kom verken die uitgestrekte heelal en sy geheime in hierdie asemrowende boek.

Dit is propvol fassinerende, maklik verstaanbare feite en treffende foto’s wat die geheime van die heelal vir jong lesers toeganklik maak.


Romanza

vind mekaarVind mekaar

Dina Botha

9780799380972

R85,00

Koop die boek hier.

Op Vindmekaar wil Lizette ’n nuwe lewe vir haar en haar seuns skep. Durf sy vlerke aan haar gevoelens vir die dorpspredikant gee? En hoe gemaak met die vroue van die dorp wat dié nimlike wewenaar se drumpel so plattrap?


laat ek jou liefheLaat ek jou liefhê

Annarie Linde

9780799380989

R85,00

Koop die boek hier.

Josie het nie ooghare vir mense wat ander oordeel nie. Daarom stamp sy en Matt onmiddellik koppe toe hy met sy vooroordele by haar koffiewinkel instap. Tog, sy kan dié aantreklike rooikop net nie uit haar gedagtes kry nie …


VlinderdraaiVlinderdraai

Frenette Van Wyk

9780799380996

R85,00

Koop die boek hier.

Arend het nie ooghare vir Liabelle nie. Sy het onwetend sy erfplaas voor sy neus weggeraap. Hy word ’n doring in haar vlees, maar sy intense oë – en sy soene – veroorsaak vlinders in haar hart.


as die liefde blomAs die liefde blom

Elsa Drotsky

9780799381009

R85,00

Koop die boek hier.

Die laaste ding wat Erin verwag is om haar hart te verloor op Alein O’Realy − die man wat haar ma se boedelsake finaliseer. Kan sy hom weerstaan terwyl hulle die somervakansie saam op River View woon?

The post LAPA spog met iets vir almal in September appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>