Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Die Springbok en Reusedwerg

$
0
0

Nee wat, ek wil dit anders hê.

Pensioneer die Springbok. Laat hy in die velde van nostalgie wei.

Die eens trotse Bok wat op die truie gepronk het, op die hart se kant, wat ook hart se kant toe sierlik gepronk het, is en word verneder. Hy word knaend in die modder ingetrap. Rondgeskuif, hier geplak en daar geplak. Spring anderkant toe, weg van die hart af. Plek gemaak vir ’n blom. ’n Aanduiding dat hy maar net verdra en nie meer geëer word nie.

Hy kom mos uit die apartheid era, ’n simbool daarvan, sê die wat weet. Daarom kan hy nou nie meer hart se kant toe spring nie omdat dit dan daardie era hartsake sou maak. Vergeet dat hy dáár lánk voor die era was, en hart se kant toe gespring het omdat dit regtig hartsake was om te dra.

En nie hartsake om politiek of klinkende munt nie.

Hy was ’n amateur Bok. Wie hom kon dra was trots op hom. Het hom met waardigheid gedra en sou liewers gevrek het as om hom te verkwansel vir enige bleddie iets anders.

Goeie ouens wil hom nou nie eintlik meer hê nie, gee nie eintlik om nie, want hy is nou meer ’n simbool vir £’e en $’s.

Ek is oortuig daarvan dat die wat hom aan sy horings beetgekry, of aan die ontvang daarvan was, sal saamstem. Dat dit ook vir hulle ’n teer plekkie is dat hy nou so letterlik in die modder van Christchurch ingetrap is. Daardie All Blacks het seer sekerlik behae daarin gevind om die sout diep in te vryf, as vergelding vir die tye wat hy hulle horings aangesit het.

Mag hy met pensioen gaan, en soos ons op die stoep of in ’n “man cave” sit en nostalgeer oor die dae lank gelede toe hy op die gras van ’n Nuweland, Loftus, Ellispark, Springbokpark en Kingspark in volle glorie gepronk het.

Gee maar die plek op die bors vir die blom. Dit pas immers by die hedendaagse blomme. Laat hulle praat van ” Die Blomme” het dit of dat verloor.

Groetnis ou vriend.

Raed-na-Gael.

 

 

 

The post Die Springbok en Reusedwerg appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>