Hoor die agbare minister gooi die bal oor in die universiteite se hande. As jy nou al 'n "duck and dive" gesien het, dit is die een.
Praat nou die dag met 'n jare lange vriend van my. Hy het vir my die beste voorstel wat ek al gehoor het.
Laat die lid inskryf. Laat hom klas loop en laat hy sy eerste eksamen skryf. In daardie tyd sal jy sien of behoort jy te kan sien wie is die werklike student en of die droogmaker/belhamel/voorbok/anargis. Sodra die vraestel gemerk is hou 'n gradeplegtigheid en gee die latte wat identifiseer is hul grade en laat hulle gaan.
Eerstens raak jy ontslae van daardie element. Tweedens rig hy nie verdere skade aan eiendom nie. Derdens is die steurende faktor weg. Vierdens spaar jy die regering baie geld. Vyfdens is die graad dieselfde werd as die een wat hy na drie of vier jaar verwerf het. Die uitkoms is in elk geval dieselfde.
Gaudiamus igitur (fon)
nog 'n instelling in sy moer ...
Reusedwerg
The post Universiteitskrisis-oplossing appeared first on LitNet.