Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Waarheen nou Springbok?

$
0
0

Ek halfkyk Saterdag 17 September 2016 weer na 'n wedstryd van die Springbokke na die Ierse toer vroeër vanjaar. So tussen Butch Cassidy and the Sundance Kid hop ek tussen die twee kanale. Ek het by die huis nie dieselfde intekenkanaal nie, maar een goedkoper. Ons pas kinders se huis op die naweek.
Almal sal nou sê ek het nie die reg om te kla en kerm oor die Springbokspan se vertoning nie aangesien ek nie die hele wedstryd gekyk het nie. Ek het die ding al lankal sien kom, en dis nie modder nie.

Verstaan my mooi, die spelers kies hulself nie, dit is 'n keurkomitee wie se hoofkantoor in die middestad van Johannesburg tw Luthuli Huis is. Ek het ook al die rugbyprogram SuperSport gekyk en ek het nog niemand die oorsaak van Springbokrugby se treurmare hoor identifiseer nie. Almal soek redes en maak aannames en as ek weer hoor ons moet positief wees en die Bokke ondersteun, bedinges ek my in my kouse. Ek dink selfs die aanbieders en kommentators is nou al keelvol maar durf agv hul tjekkies elke maand nie hul eie menings te lug nie. Dit is 'n ope geheim wat die oorsaak is.

Ek sou voorstel skiet die huidige Springbok embleem en handelsmerk vir eens en altyd moer toe. Die Springbokrugby wat ons geken het, het stadig maar bloedig aan die einde van 'n era gekom. Rugby is mos nou 'n professionele sport, stig 'n nuwe "nasionale span" wat inklusief is en noem dit wat ook al.
 Die nuwe span wat gestig is kan ook die Springbok heet aangesien dit 'n nuwe entiteit sal wees. Die handelsmerk moet as 'n besigheid registreer word en nie as 'n sport nie. Laat al die rugbyspelers aansoek doen en toets hul vaardighede. Kry 'n BEE sertifisering en speel dan jou rugby soos dit behoort te wees. Kry borge wat bereid is om die manne te borg.

Ek dink SARU is ook 'n katnes van mense wat die daar hoort nie. Ek wonder net of al die manne wie se bekke so groot oor rugby rek al ooit aan 'n bal gevat het, behalwe die een wat in hul doeke was.
Dit is die ou storie. Skoenmaker hou jou by lou lees.

Reusedwerg

The post Waarheen nou Springbok? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>