’n Kind is ’n snaakse ding; ek glo nie ’n grootmens sal hom ooit verstaan nie.
Toe ek so in standerd een was kon ek al redelik goed lees, tot so ’n mate dat ek nooit nodig gehad het om die les voor te berei wat ons elke dag in die klas moes lees nie. Ek het in elk geval al sommer in die begin van die jaar al die leesboekie deurgelees.
Op ’n dag besef ek hierdie praktyk (van glad lees) identifiseer my op ’n manier met die dogtertjies in die klas want hulle is, veral op daardie ouderdom, oor die algemeen meer pligsgetrou as seuns en was altyd goed voorbereid. Die volgende keer wat ek toe moes lees staan ek op en stotter en hakkel deur die leesoefeninkie en ek onthou nog hoe trots en tevrede ek gevoel het toe die juffrou vir my sê: “Ek is baie teleurgesteld in jou Jan, jy ken vandag glad nie jou les nie.”
Hoe simpel kan ’n mens nou nie wees nie.
Jan Rap
The post Geheuekiekie 31 appeared first on LitNet.