Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Reaksie op Angus se kommentaar onderaan my brief van 8 deser

$
0
0

Dagsê Angus

Ek het nooit gesê ‘sondebok’ en ‘belhamel’ is sinonieme nie, waar kom jy daaraan?  Wat ek wel gesê het is dat sondebok verkeerdelik vir die begrip ‘belhamel’ gebruik word, maw as sinoniem vir belhamel.  Ek het dit in die laaste brief verduidelik aan die hand van die Engelse ‘scapegoat’ (wat die regte betekenis van ‘sondebok’ was) en ‘culprit’ wat ‘belhamel’ se regte betekenis te beskryf. 

Ek is nogal spyt ek het dit gedoen want elke nuwe woord laat jou tangensiaal verkas in ’n rigting ver verwyder van wat die eintlike onderwerp van bespreking is naamlik die teenstrydigheid tov woordeboekmaak – hulle word as riglyn vir korrekte taalgebruik daargestel maar tog neem hulle woorde op wat lank genoeg deur genoeg mense verkeerd gebruik word.  Bloot as ’n interessantheid genoem; ek het niemand aangeval nie.

So, wat die rigting betref wat jy nou weer ingeslaan het:  As ‘culprit’ nou nie die heeltemal korrekte vertaling vir ‘belhamel’ is nie verander niks aan die argument nie naamlik dat ‘sondebok’ NIE meer as ‘scapegoat’ of ‘Sündenbock’ gebruik word nie maar as ‘die skuldige’.  Terloops, ‘belhamel’, die aanhitser (‘ring leader’ of ‘Anstifter’) kan ook skuldig, en dus ’n ‘culprit’, wees; ’n ‘culprit’ kan van ’n  renosterstroper tot ’n moordenaar wees.  Haarklowery gaan jou nie help nie.  Daar het jy sommer ook jou antwoord wat jy so knaend soek naamlik ‘sondebok’ is ’n voorbeeld van ’n woord wat toe die verkeerde betekenis gekry het.  Gaan kyk maar in die HAT. 

Soos jy sê, ’n leenwoord is ’n woord wat aan ’n ander taal ontleen is.  Dit impliseer nie dat jy in ’n gegewe taal links en regs woorde kan insmyt uit enige ander taal nie en dan wegkom met die verskoning dat jy leenwoorde gebruik nie – daar is ’n verskil tussen ‘leenwoorde’ en ‘vreemde woorde’.  ’n Leenwoord is gewoonlik ’n woord ontleen vir ’n begrip waarvoor daar nie ’n gepaste woord in ’n betrokke taal is nie.  Engels lyk my het nie ’n woord vir ‘leedvermaak‘ nie so hulle gebruik die Duitse ‘Schadenfreud’’.  Engelse woorde wat in deesdae se Afrikaans gebruik word is NIE leenwoorde maar bloot, wel, Engelse woorde en sodanige gebruik verteenwoordig swak Afrikaans. 

Ek sien nou die dag ’n episode van ‘Vlerksleep’ en die manier wat daardie jongmense praat is liederlik.  Kyk ook maar na die sepies; duidelike bewys dat Afrikaans aan die verengels, en dus agteruitgaan, is.  Taal wat gemeng word met ’n ander taal is nie aanduidend van ’n nuwe taal in wording soos jy beweer nie maar wel dat daardie taal in die proses is om vervang te word met die ander taal.  Jy sê diegene wat gekla het oor swak Nederlands is lankal dood en dit mag so wees maar, soos jy sê, hulle het gekla oor SWAK Nederlands (verwaterde grammatika dalk) maar nie GEMENGDE Nederlands nie want, hoe Afrikaans ook al ontstaan het, dit was nie deur ’n mengsel van Nederlands met al die Afrikatale waarmee hy in aanraking gekom het nie.  Daar is wel woorde van oa Afrika-oorsprong in Afrikaans (soos ook in Engels) maar dit beteken mos nou nie dat Afrikaans (of Engels) ‘gemeng’ met die betrokke Afrikataal nie.  Afrikaans deesdae, soos gepraat deur ’n groot groep mense, is deurspek (gemeng) met Engels, so al asof dit as tweede taal deur Engelssprekendes gepraat word.

Wat die wortel betref: Soos ek gesê het, jy kry nie ’n rooi geel wortel nie, wel dalk ’n rooi geelwortel.  Jy sê natuurlik kan mens ’n rooi geel wortel kry; jy verf hom net.  Jy kan nie want, as jy ’n geel wortel rooi geverf het, is hy ’n rooi wortel.  Jy kan mos vir jouself dink man; as jy ’n geel kar het en jy verf hom rooi het jy ’n rooi kar, nie ’n rooi geel kar nie (as die geel deurslaan kan jy dalk ’n rooi-geel kar hê, ’n oranje kar met ander woorde).  So my onnie se verduideliking val nie plat soos jy beweer nie; dis jy wat lyk dit my nie die verskil tussen ‘geelwortel’ en ‘geel wortel’ verstaan nie.

Nou ja tot hiertoe dan en groetnis

Jan Rap

The post Reaksie op Angus se kommentaar onderaan my brief van 8 deser appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>