Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Teaterresensie: Clybourne Park by die Fugardteater

$
0
0

 

Clybourne Park het al die Tony Award for Best Play (2012), Olivier Award for Best New Play (2011) en Pulitzer Drama Prize (2011) ingepalm en met sy indringende kyk na ras en eiendom en al die wanopvattings wat daarmee saamgaan, kan dit net sowel in jou woonbuurt en vriendekring afspeel.

Clybourne Park is ’n geïnspireerde antwoord op Lorraine Hansberry se bekroonde toneelstuk, A Raisin in the Sun.

Die eerste bedryf speel af in 1959 toe Russ en Bev hul oulike twee slaapkamerhuis in Chicago se  gesogte Clybourne Park verkoop. Toe die bure uitvind dis aan ’n swart gesin verkoop, is daar roeringe omdat dit die eerste swart gesin in ’n wit woonbuurt sal wees.

Daar is goeie ou stereotipering: swartmense ski nie, so hulle gaan nie in hierdie woonbuurt gemaklik voel nie; hier is nie supermarkte wat vir hul kosbehoeftes ingestel is nie, wat sal hulle dus hier eet; en hul kinders sal nie gemaklik voel in die skool nie, want dit is nie ingestel op hul kultuur nie ...

Die algemene gedagte onder die wit bure is dat jy ’n woonbuurt “een huis op ’n slag laat agteruitgaan” en voor jy jou oë uitvee, is dit die tuiste van boemelaars, huise wat geen prys kan behaal in die eiendomsmark nie en onveilig.

In die eerste bedryf sit die gehoor in amper-stilte en absorbeer die beledigings, neerbuigende aanmerkings en blatante rassisme wat goed versteek is onder ’n dun lagie ordentlikheid.

Spesiale vermelding moet gemaak word oor die stelontwerp deur Saul Radomsky (Shadow of the Hummingbird, Orpheus in Africa) en Birrie le Roux se kostuums. Albei plaas jou onmiddellik in die era en milieu.

In die tweede bedryf is dit 2009 en daardie selfde huis is inderdaad deur graffiti-kunstenaars beverf en deur boemelaars en vandale gestroop - meestal toe te skryf aan die ekonomiese krisis en werkloosheidprobleem wat wêreldwyd heers. ’n Jong wit egpaar het die eiendom gekoop en hul bouplanne veroorsaak dieselfde woelinge - onder die inwoners van die nou swart woonbuurt - as 50 jaar gelede.

Dieselfde vrese en wanopvattings is van toepassing: “Ons kultuur gaan verlore - een huis op ’n slag.”

In die tweede bedryf gil die gehoor basies hul misnoeë uit met die faux pas wat gemaak word met nuwe stereotipering en aanstoot gee.

Die gesprek tussen die nuwe eienaars, lede van die huiseienaarsvereniging, argiteksverteenwoordiger en bouer, word ’n heen-en-weer polities-korrekte warboel en kom tot ’n uitbarsting van o-so-goed-verskuilde raskonflik.

Dis hier waar Lena (die swart huiseienaar) die wit egpaar uiteindelik uit desperaatheid toesnou: “Ons is nie omgekrap oor jul ras nie, eerder oor jul slegte smaak!”

Dis ook haar woorde dat ons moet sensitief wees oor die storie en die geskiedenis, wat jou lank bybly.

Dis heel gepas om hierdie vertoning te kyk in die hartjie van Distrik Ses, dié episentrum waar mense hul huise noodgedwonge verloor het en elders moes hervestig. Dit gaan oor die beginsel van ’n plek hê waar jy tuis voel; tussen jou eie mense wees. En hoe goed ons almal dit bedoel, maar hoe oningelig ons oor mekaar is.

Mens besef hoe waar die karakter, Karl, se woorde is as hy sê: “But you cannot live in a principle, can you? Gotta live in a house.”

Eric Abraham (vervaardiger van die stuk en eienaar van die Fugardteater) sê die stuk is ’n mylpaal wat ons gevoel van andersheid; en goed soos die taal wat ons met mekaar gebruik; gentrifikasie; erfenis en ’n gevoel van gemeenskap; in ’n nie-apologetiese - maar vlymskerp, gevatte manier - ondersoek.

“Hierdie is gesprekke wat toepaslik is vir Suid-Afrikaners en ons is trots om dit by die Fugard aan te bied.”

Die teks is ongemaklik gepas en raak. Dit krap die rasroof telkemale af en dis nie lekker as jy besef hoe toepaslik daardie stereotipes is nie - ongeag in watter jaar die toneelstuk afspeel.

Jy vee soms die trane uit jou oë van die lag, maar dis met rooi skaamte op jou wange wat jy besef hoe skuldig jy aan daardie einste wanopvattings is.

Clybourne Park

Met: Andrew Buckland as Russ, Dan; Susan Danford as Bev, Kathy; Lesoko Seabe as Francine, Lena;  Scott Sparrow as Jim, Tom, Kenneth; Nicholas Pauling as Karl, Steve; Pope Jerrod as Albert, Kevin en Claire-Louise Worby as Betsy, Lindsey.

Deur: Bruce Norris

Regie: Greg Karvellas

Vervaardiger: Eric Abraham

Kostuums: Birrie le Roux

The Fugard Theatre

16 Augustus tot 1 Oktober 2016

Kaartjies deur Computicket on 0861 915 8000 en die teater, 021-461 4554

 

  • Foto’s: Jesse Kate Kramer

The post Teaterresensie: Clybourne Park by die Fugardteater appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>