Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Toekennings: kykNET Silwerskermfees 2016

$
0
0

Die wenners van die 2016 kykNET Silwerskermfees-toekennings is Saterdagaand by 'n glansryke geleentheid bekend gemaak. kykNET het ook drie belangrike aankondigings gemaak.

“Die Silwerskerm-kortfilmprojek is by uitstek 'n talentontwikkelingsprojek. Elke jaar ontvang ons honderde konsep-inskrywings waarvan ons net 15 kan kies vir ontwikkeling en produksie,” sê Anneke Villet, toesigvervaardiger van die kortfilm-projek by die Silwerskermfees. “Ons is altyd gelukkig met ons gekose 15, maar dit gaan wel gepaard met die hartseer wete dat ons vele ander talentvolle skrywers en regisseurs nie die kans kan gee om hul films op skerm te verwesenlik nie. Hierdie jaar was daar 'n sestiende filmteks wat ons hoogs beïndruk het en dit was vir ons paneel besonder hartseer dat dit uitgeval het. Dis dan vir my 'n uitsonderlike voorreg om aan te kondig dat kykNET besluit het om daardie teks saam met die skrywer te ontwikkel vir produksie tydens volgende jaar se kortfilmprojek en dit sal by die Silwerskermfees in 2017 vertoon word. Die teks se titel is Soos Gister, geskep en geskryf deur Marvin Lee Beukes.”

Die wenner van die Blitz Pitch, waar feesgangers in drie minute 'n voorstel vir 'n nuwe reeks of rolprent moes maak, was Philip Nolte wat die groen lig gekry het vir die storie wat Totsiens, Pa, sy kortfilm wat in 2014 deel van die Silwerskermfees was, voorloop het.

kykNET het ook vanjaar saam met die Nasionale Skoletoneel-kompetisie gewerk en Kaye Ann Williams, toesigvervaardiger: fiksie by kykNET, het aangekondig dat die skrywer en regisseur Louis Pretorius 'n 48-minute kortfilm, Die Ruimte Tussen Niks, geskryf het wat later vanjaar vervaardig gaan word met die top-8 jong akteurs en aktrises wat deel van die Nasionale Skoletoneel-kompetisie was.

Die top-8 skoliere was Mia van der Merwe, Jeanie Heyns, Jana van der Merwe, Tomley van Vuuren, René Cloete, Henry Serfontein, Wian Taljaard en Cantona James. Cantona het 'n volle beurs gewen om volgende jaar drama by die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.

Die wenners in die ander kategorieë is:

Carel Nel (foto verskaf)

KORTFILMS

Beste kortfilm

Vlees van my vlees

Beste regisseur: kortfilm

Matthys Boshoff – Vlees van my vlees

Beste akteur: kortfilm

Carel Nel – HUM

Beste aktrise: kortfilm

Erica Wessels – Vlees van my vlees

Beste draaiboek: kortfilm

Willem Grobler – HUM

Beste redigering: kortfilm

Leon Visser – HUM

Spesiale toekenning

HUM – Kinematografie

DOKUMENTÊR

Beste dokumentêr

Nobody’s Died Laughing

Christiaan Olwagen (foto verskaf)

SPEELFILMS

Beste speelfilm

Johnny is nie dood nie

Beste regisseur: speelfilm

Christiaan Olwagen – Johnny is nie dood nie

Beste akteur: speelfilm

Albert Pretorius – Johnny is nie dood nie

Beste aktrise: speelfilm

Christia Visser – Tess

Beste manlike byspeler: speelfilm

Ludwig Binge – Johnny is nie dood nie

Beste vroulike byspeler: speelfilm

Illana Cilliers – Johnny is nie dood nie

Beste draaiboek: speelfilm

Christiaan Olwagen – Johnny is nie dood nie

Beste oorspronklike musiek: speelfilm

Charl-Johan Lingenvelder – Johnny is nie dood nie

Beste kinematograaf: speelfilm

Bert Haitsma – Tess

Beste redigering: speelfilm

Linda Man – Tess

Beste produksie-ontwerp: speelfilm

Birrie le Roux – Johnny is nie dood nie

 

Webtuiste: www.kyknet.tv

Facebook: www.facebook.com/silwerskermfees

Twitter: @silwerskermfees #silwerskermfees2016

Instagram: @silwerskermfees2016 

The post Toekennings: kykNET Silwerskermfees 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>