Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Filmresensie: Nobody’s died laughing

$
0
0

nobodydiedlaughingNobody’s died laughing

Regisseur: Willem Oelofsen

Spelers: Pieter-Dirk Uys, Sophia Loren, Lizz Meiring, Charlize Theron, Anna-Mart van der Merwe, FW de Klerk, Desmond Tutu, Zolani Mahola, Jack Parow

My eerste kennismaking met Pieter-Dirk Uys was in standerd 9 toe ek die UOVS se Afrikaans-week in Bloemfontein bygewoon het. Een aand het ons gaan fliek, maar die gekose vertoning was James Bond: Never Say Never Again. Ek het na ’n tydjie uitgesluip en by die teater langsaan ingeglip, waar Skating on thin Uys gespeel het. Dit was bitterlik snaaks, en ek onthou tot vandag die skunnige toneel met oom Hasie (Evita Bezuidenhout se man) en die bok.  

Nobody’s died laughing is in alle opsigte ’n uitstaande dokumentêr. Dit herinner ’n mens opnuut aan die ontsaglike rol wat Pieter-Dirk Uys in die Suid-Afrikaanse teaterwêreld gespeel het. En trots Afrikaans, as ek dit mag sê, hoewel hy in Engels ewe bekend is op groot verhoë internasionaal. Tydens die apartheidsjare het Uys op die slimste manier denkbaar teen die NP-regering geprotesteer: deur hulle belaglik te maak, hoofsaaklik by monde van die nimlike Evita, een van die briljantste komedieskeppings ooit.

’n Mindere kunstenaar sou in die nuwe Suid-Afrika verdwyn het – Uys sê immers die apartheidspolitici was sy beste draaiboekskrywers. Maar ook in die nuwe bedeling hou hierdie satirikus aan om politieke skynheiligheid met ’n jakkalslaggie en sysagte stem te ontbloot. As maatskaplike aktivis het hy voor 27 Augustus 1994 wyd gereis om mense aan te moedig om te stem, en tydens die Mbeki-era het hy op eie houtjie ’n bewusmakingsprogram oor vigs na skole geneem.

As Nelson Mandela jou een van sy “true heroes” noem, dan is jy wragtig ’n held. Ek beveel hierdie puik film vir alle kykers aan. “Observe and learn,” soos Kate Winslet se karakter in The Dressmaker sê.

Sterre: 5

The post Filmresensie: Nobody’s died laughing appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>