Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

In die bed met Bibi en Marita

$
0
0

Bibi Slippers se gespreksprogram op Via (DStv-kanaal 147), In die bed met Bibi, maak kykers lus vir inkruip en lees. In hierdie program gesels sy met letterkundiges, skrywers en lesers. Waar gesels sy met almal? Op die plek waar sy die graagste lees: in die bed.

In die heel eerste program, wat Woensdagaand 24 Augustus 2016 uitgesaai is, was sy onder andere saam met Marita van der Vyver onder die lakens. Hulle albei vertel die slaapkamergeheime vir Naomi Meyer.

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver en Bibi Slippers

Sien julle albei kans om net in ‘n paragraaf te skryf hoe dit saam in die bed was?

Bibi: Ek dink dis soms gevaarlik om mense vir wie jy 'n heldeverering het te ontmoet: ek dink die meeste mense is in die meeste gevalle teleurgesteld. As jou heldin nog boonop tydens die eerste ontmoeting moet perform in die bed ... it's a lot to ask! Maar Marita was alles wat mens gehoop het die skrywer van Griet skryf 'n sprokie moet wees, en meer! Vir my is dit regtig belangrik dat mense met wie ek bed toe gaan 'n uitstekende sin vir humor moet hê, en Marita het my herhaaldelik laat giggel. Ek was verbaas oor hoe gemaklik sy my laat voel het, en baie dankbaar daarvoor. 

Dit was vir my net te gou verby – maar dis nie Marita se skuld nie. Ek blameer die TV-span - mens voel bietjie skaam voor hulle.

Marita: Ek dink altyd jy kan 'n goeie bedmaat wees net as die ander persoon en jy sáám goed is – en ek dink nogal ek en Bibi het goed gekliek in die bed. Wel, ek hoop sy dink ook so. (Ek het nie ná die tyd vir haar gevra "Hoe was dit vir jou?" nie.)

Bibi Slippers en Marita van der Vyver

Die hele verfilmingspan saam met Bibi en Marita in die bed

Het julle iets omtrent mekaar uitgevind wat julle nie voorheen geweet het nie?

Bibi: Ek hoop dat ek weer met Marita kan bed toe gaan. Ek het 'n vermoede dat ek nog baie by haar kan leer. En durf ek sê daar was chemistry? Literêre chemistry is mos die mees potent soort. 😉

Marita: Dit was vir my nuus – goeie nuus – dat Bibi my as een van haar "heldinne" beskou. Dis waarom ek dwarsdeur die program nie die grinnik van my gesig kon afvee nie.

Bibi en Marita in diepe gesprek

En, dalk die belangrikste: Was julle versigtig?

Marita: Versigtig? Wel, ons het darem nie dadelik in die bed gespring nie, ons het eers in die kombuis en die sitkamer gesels ... 

Hier is nog besonderhede oor In die bed met Bibi.

Foto's verskaf

The post In die bed met Bibi en Marita appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>