2016 se BoekeJol en FilmRol was 'n groot sukses, met interessante skrywerspraatjies en goeie films. Naomi Bruwer het van Vrydag en Saterdag se programme bygewoon, kamera in die hand.
Karin Brynard: Tuisland
Karin Brynard het met Ilse Salzwedel oor Tuisland gesels. Lees 'n resensie.
Ilse Salzwedel
Marga van Rooy | Juliana Coetzer | Irene Fisher
Sonja Janse van Rensburg van Graffiti-boeke stel die sprekers voor.
Die gespreksleier Johan Erasmus, saam met Irene Fischer, Marga van Rooy en Juliana Coetzer.
Juliana Coetzer het gesels oor Bloedvreemd wat die verhaal vertel van hoe haar dogter van sewe weens 'n onbekende virus breinskade opgedoen het. Klik hier vir 'n resensie.
Irene Fischer het gesels oor Ek is nog hier, haar outobiografie oor die pad wat sy en haar familie moes stap nadat sy in 'n motorongeluk breinskade opgedoen het.
Marga van Rooy saam met feesbestuurder Dia van Staden. Van Rooy het gesels oor In die skadu van skisofrenie. Lees hier 'n resensie.
FilmRol: Dis koue kos, skat
Die film Dis koue kos, skat, gebaseer op Marita van der Vyver se roman, is Vrydagmiddag bekendgestel.
Na afloop van dié voorafvertoning het Nerina de Jager met die regisseur, Etienne Fourie, en vervaardiger Deon Meyer gesels.
Elsabe Zietsman, wat die rol van Minette speel in Dis koue kos, skat.
Marianne Vorster en Deon Meyer saam met Angelique Gerber, wat die rol van Anaïs in die film speel.
Digtersmaraton
By die digtersmarathon, onder leiding van Gerda Taljaard-Gilson, het digters van hulle eie gedigte, sowel as 'n gunstelinggedig deur 'n ander skrywer voorgelees.
Hendrik Botha het uit sy bundel Atropos voorgelees.
Bernard Odendaal
Philip de Vos
Emma Bekker
Eunice Basson het uit Leiboom voorgelees. Lees hier 'n onderhoud.
Riël Franzsen het uit Narokkong voorgelees. Lees hier 'n resensie.
Danie Marais het twee nuwe gedigte gelees wat pas op LitNet gepubliseer is. Lees dit hier:
BoekeJol Koors
Lize Beekman
Elna van der Merwe het die onderhoud gevoer. Volgens haar het sy aanvanklik opgesien na die lees van dié postapokaliptiese teks, maar het gou besef dat Koors Deon Meyer se beste roman tot nog is.
Deon Meyer het vertel dat hy al vir jare lus was om Koors te skryf.
Sit aan met ...
Saterdagoggend het Thys Human met 'n paneel resensente oor die belangrike rol van resensies in die boekebedryf gesels. Heelwat skrywers was ook by dié geleentheid te sien.
Sonja van der Walt en Thys Human
Ilse Salzwedel van RSG se Skrywers en boeke het onder meer oor die invloed van sosiale media gepraat.
Boekeredakteur Jo Prins
Feesbestuurder Dia van Staden het vertel hoe sy op Die groot ontbyt resensies aanpak.
Adéle Changuion van Maroela Media
Deborah Steinmair
Ronel Nel
Helene de Kock
Philip de Vos
Dia van Staden
Carmen Niehaus
Keina Swart. Lees 'n resensie van Die potlooddief se bruid en ander stories.
Suzanne van Niekerk, uitgewer by LAPA-uitgewers
Namibië se nektar
Piet van Rooyen het oor sy jongste boek, Amatola, gesels.
Koos Marais het oor Die keiservoël oor Namaland gesels.
Mishandel, misbruik, misken
Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, het haar verhaal aan Carla van der Spuy vertel. Carla, die skrywer van die boek, en Amor was met die sielkundige Henk Swanepoel in gesprek.
Carla van der Spuy
Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy
Amor het openlik oor haar verhouding met haar ma en Gert van Rooyen gepraat.
Henk Swanepoel
Izak de Vries
Sylvia de Kock
Etienne Bloemhof
Skryf 'n storie! Misdaad + Romanza + Rubriek
Die drie skrywers Irma Venter, Sophia Kapp en Keina Swart is deur gespreksleier Gerda Taljaard voor die uitdaging gestel om 'n inleiding (deur die publiek verskaf) uit een van die ander genres tot storie te voltooi .
Keina Swart, Sophia Kapp en Irma Venter
Sophia Kapp. Lees 'n onderhoud oor Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva.
Misdaadskrywer Irma Venter. Lees 'n resensie van Skrapnel.
Gerda Taljaard
Robbie se broer se roer en ander jagstories
Pienkes du Plessis het by die fees oor Robbie se broer se roer en ander jagstories gesels. Lees 'n resensie.
Histories
Nicol Stassen het met Albert Blake, Zelda Rowan en Danie Langner gesels.
Albert Blake (Broedertwis)
Zelda Rowan (Nonnie de la Rey)
Danie Langner (Voortrekkers kook)
Nicol Stassen het Danie Langner oor gespitbraaide pofadder en sprinkaankrakelinge uitgevra.
Weermagwoede
Jo Prins het met Wynand du Toit, Koos Stadler en Francois Verster oor hulle grensoorlogboeke gesels.
Koos Stadler. Lees 'n resensie van Recce.
Wynand du Toit
Francois Verster. Lees 'n resensie van Omega.
Jo Prins
Lees ook Izak de Vries se blog oor die BoekeJol.
The post Foto's: BoekeJol en FilmRol 2016 appeared first on LitNet.