Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 22017

Stil stemme

$
0
0

In die soel somersnaglug
hang 'n reuk, so
walg-soetbitter
talmend ...

In die stilte flikker vonke
donker
asiediese rookwalm lui
deur bloeddeurdrenkte
nalatenskap en
bevlekte reënboë
as offerhandes
vir ons gebroke
wêreld

In die toortsligbane van
noodleniging
vibreer eers net een ...
dan nog ...

Verwek ons liefde
betuig vertroue
tot  almal saamgebonde
Bring 49
luitone die troos van
Vrees
Hoop
Opstanding

The post Stil stemme appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 22017


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>