Dit was hier in 1992 rond as ek reg onthou. Ek vra om verskoning indien ek die korrekte datums en plekke verwar.
Op die trappe van die stadsaal staan 'n man. Die hele wêreld het na sy vrylating uitgesien. Hy lewer 'n toespraak, redelik gematig, en maak beloftes van vryhede en voordele wat aan die kom is. Die mense is in ekstase. Die volk leef in 'n dwaal van utopiese proporsies. Die man leef nie vir altyd nie.
Vandag staan jong mense wat daardie tyd miskien nog nie gebore was nie en hulle eis wat vir hulle belowe is. Daar is ouer mense wat eis wat vir hulle belowe was, maar nog nie realiseer het nie. Almal eis vir dit of dat. Die mense word kwaad, die beloftes word nie gestand gedoen nie. Wat nou?
Die wiel die draai, stadig maar seker.
Reusedwerg
The post Alles, ek inkluis, is vry appeared first on LitNet.