Die klaskamer,
Is ’n ensiklopedie,
’n Wêreld vol,
Informasie en media.
Iets om te leer,
Bied dit aan.
As jy by die,
Klaskamer ingaan.
Dit ontsluit,
Mens se denke.
Dit gee jou,
Waardevolle geskenke.
Dit berei jou voor,
Vir die lewe.
Sodat jy na,
Beter strewe.
Die klaskamer,
Is ’n plek.
Hier word drome,
Opgewek.
The post Die klaskamer appeared first on LitNet.