Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik. Hierdie regsbiblioteek is 'n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskikking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za.
Lees ook vorige Regsalmanak-rubrieke |
---|
• Die staat moet met "skoon hande" hof toe gaan |
• Private vervolging weens dobbelskuld |
• Hoofregter Stratford en die Wêreldhofuitspraak oor SWA |
Die Rhodesies-gebore skrywer Wilbur Smith se debuutroman When the lion feeds was dwarsoor die wêreld 'n blitsverkoper met die publikasie daarvan op 1 April 1964. Meer as 10 000 eksemplare van die boek was reeds in Suid-Afrikaners se besit toe die destydse Publikasieraad op 10 Julie 1964 'n verbod op die boek geplaas het. Dit is ’n bevoegdheid wat die Publikasieraad ingevolge destyds bestaande sensuurwetgewing geniet het.
As rede is aangegee dat die roman – wat afspeel teen die agtergrond van die pioniersdae in die ou Transvaal en Natal – onder meer skadelik sou wees vir die openbare sedes; dat dit aanstootlik sou wees vir die waarskynlike leser daarvan; dat dit onbetaamlike liefdestonele sou bevat en dat “vuil taal” daarin gebruik word. Ter stawing het die Publikasieraad na 19 spesifieke gedeeltes in die boek verwys.
Die uitgewer en die skrywer het teen die beslissing van die Raad na die hooggeregshof in Kaapstad geappelleer. Twee van die drie regters wat die appèl aangehoor het, het in die uitgewer se guns beslis en die bevel van die Publikasieraad ter syde gestel.
Daarna was dit die Publikasieraad se beurt om te appelleer, dié keer na die appèlhof in Bloemfontein, waar vyf regters – onder wie die destydse hoofregter, LC Steyn – die appèl aangehoor het.
In die hof se uitspraak van 25 Augustus 1965 het drie appèlregters ten gunste van die Publikasieraad beslis en die verbod op When the lion feeds bekragtig.[i] Dit is interessant hoe die onderskeie regters – dié ten gunste van die Publikasieraad se verbod en dié daartéén – die aangeleentheid benader het.
In sy meerderheidsuitspraak gee die hoofregter onder meer ’n breedvoerige uiteensetting van die vernaamste gedeeltes van die boek waarteen daar ’n beswaar was – enkele liefdestonele tussen die hoofkarakters. Die moralistiese ondertoon van die meerderheidsuitspraak spreek duidelik uit die volgende passasie, soos deur hoofregter Steyn bewoord:
Making due allowance for the trends of our times, these passages are, I consider, calculated to incite lustful thoughts and to stimulate sexual desire in at least a substantial number of the persons, ordinary men and women, of normal mind and reactions, including some of the younger generation, who will be the probable readers of this book.
However much fashionable sophistries may serve to obscure the simple truth, the plain fact remains that the sexual urge is much too powerful to be so dulled and blunted by exposure to the more indirect daily stimulants of our times that there is no longer a substantial number of ordinary men and women who are liable to be appreciably stirred by descriptions such as these of matters so directly, closely and intimately associated with actual consummation.
A novel, of course, is not a tract on morality, and it does not become objectionable merely because it does not seek to make any contribution towards the advancement of moral integrity. But the presentation of these episodes leaves the impression that such conduct is quite normal and natural, satisfying and right. They might well have the effect of inclining susceptible minds to the acceptance of the view that there is nothing really wrong with such behaviour. In that way also it may be said that these passages tend to deprave or corrupt.
Van die twee appèlregters wat ten gunste van die skrywer beslis het, het veral regter Rumpff 'n kragtige uitspraak gelewer waarin hy die destydse sensuurstelsel gekritiseer en vryheid van spraak beklemtoon het. Hy het die belang van konteks beklemtoon. Oor die gewraakte gedeeltes het hy op ‘n pittige wyse soos volg beslis:
(I)t is necessary to look at these passages in the light of what was intended to be conveyed by the book as a whole. Whether a contentious subject like sex is to be regarded as repugnant or not is, of course, a matter of context and manner of presentation. I concede immediately that, if the two passages referred to are looked at in isolation, out of their context, or if they had incongruously appeared in some story for children, I would have no hesitation in dubbing them undesirable. I would do the same if the genitalia of David on the famous statue by Michelangelo are removed and hung on to a modern bit of non-figurative sculpture. When Michelangelo produced his statue he expected his creation to be viewed as a whole by the normal adult world and nobody would dream of banning the statue because some giggling early-teenagers or over-sexed individual might ogle the uncovered genitalia or some under-sexed spinster might find them disgusting.
Appèlregter Williamson, wat ook nie met die meerderheid saamgestem het nie, het daarop gewys dat tye deurlopend verander, en onder meer die volgende gesê met betrekking tot die beweerde skadelike effek wat die boek vir die jonger geslag kon inhou:
To me, there seems to be a distinct tendency, for those who are in the later years of life, to insist that conduct in general and morality in particular is not what is was – or what they think it was – in their younger days. They certainly may lean, sub-consciously in all probability, towards the maintenance of that order of things which they believe existed in those days … Books or pictures and the like which might have “shocked” a large portion of “respectable” society a quarter of a century ago, might today cause no unpleasant impact. The contemporary youth may be able safely to face facts of life presented openly in a manner which might have tended to “unbalance” the moral stability of a younger generation of yesteryear.
Williamson was reg: dit wat destyds die argwaan van die Publikasieraad gewek het, is mák teenoor wat vandag sonder slag of stoot toegelaat word. Neem as voorbeeld Willem Anker se voortreflike grensroman Buys.[ii] Nie alleen is die sekstonele daarin baie meer eksplisiet as dié in die Wilbur Smith-roman nie, maar Anker se boek bevat ook van die mees grafiese geweldsbeskrywings wat ek persoonlik nog in Afrikaans gelees het. Weer is konteks van deurslaggewende belang.
Buys is vanjaar (2016) met die Hertzogprys vir prosa bekroon.
Wilbur Smith se omstrede debuutroman het hom finansieel in staat gestel om uit sy werk as rekenmeester te bedank en voltyds te skryf. Vandag word hy gereken as een van die suksesvolste moderne skrywers, met talle treffers op sy kerfstok.
Ek kon nie met die bronne tot my beskikking vasstel presies wanneer die verbod op When the lion feeds opgehef is nie, maar dit is deesdae vryelik beskikbaar: Verskeie eksemplare is op byvoorbeeld Suid-Afrikaanse internetwebwerwe te koop. Tans – by die skryf hiervan – is ‘n eksemplaar van die eerste uitgawe van hierdie omstrede boek wat oorspronklik deur Smith self geteken is, te koop vir ‘n koel R15 000. Of dit teen daardie prys van eienaar sal verwissel, sal nog gesien moet word.
‘n Laaste interessantheid: ek merk dat daar selfs ‘n Afrikaanse vertaling van die oorspronklike Engelse teks in 1965 gepubliseer is onder die titel Iets moet sterf. Dié is klaarblyklik nie ook deur die appèlhof se verbod van Augustus 1965 getref nie. Ek het nie die Afrikaanse teks gelees nie, maar ‘n mens kan maar net raai waarom dit nie ook die argwaan van die destydse Publikasieraad gewek het nie.
[i] Publications Control Board v William Heinemann Ltd 1965(4) SA 137 (AA)
[ii] Kwela Boeke, 2014
The post Regsalmanak: Die sage rondom die verbod op When the lion feeds appeared first on LitNet.