Universiteit Stellenbosch se koor, onder die bestuur van die US Woordfees, is onlangs internasionaal bekroon. Foster Lubbe gesels met Naomi Meyer oor die vreugde van koorsing.
Foster, wat is jou agtergrond?
Ek is tans 'n student in meganiese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Ek het in 2013 'n graad in fisika aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi en het daar ook in die koor gesing. Een van die hoofredes vir my skuif na Stellenbosch in 2014 was om in die Stellenbosch Universiteitskoor te sing. Ek dien as voorsitter van dié koor vir 2016.
Die Stellenbosch Universiteitskoor het onlangs ‘n besonderse prestasie behaal – vertel asseblief wat het gebeur, waar het julle gesing en teen hoeveel kore het julle meegeding?
The World Choir Games were held in Sochi, Russia this year. This is the world's biggest choir competition. Stellenbosch University Choir took part in three categories, namely Musica Sacra a Cappella, Spiritual and Musica Contemporanea. It was wonderful to share our art on the world stage. We filled our music with emotion, discipline and pride. Before the competition we held a celebration concert in Sochi's famous Summer Theatre. We were very well received and people had very high expectations since we were the defending champions of the World Choir Games. We were also privileged to perform in the Champions Concert after the competition. In the Musica Contemporanea category we scored the highest marks for this year's Games: 98,25%. This fell just short of our world record score of 99% at the 2014 Games in Riga, Latvia. We also won our other two categories, Musica Sacra a Cappella and Spiritual, with 92,75% and 96,88% respectively, and received the Hänsler-Interkultur CD 2016 Award. This CD will be released internationally. We retain our number one position on the Interkultur World Choir rankings.
Julle koorweergawe van Karin Zoid en Francois van Coke se “Toe vind ek jou” is baie kere op YouTube gekyk en gedeel. Watter soort musiek sing julle koor alles – gewyde en niegewyde musiek?
Dankie vir al die kyke en likes op YouTube en sosiale media! Dit is vir ons heerlik om sulke wye blootstelling in Suid-Afrika te kry. Varsity Sing is 'n wonderlike platform vir koorsang in Suid-Afrika. Dit is 'n wêreldklas kompetisie en TV-produksie. Suid-Afrika het ongelooflike talent en dit is verblydend om te sien dat van die minder bekende kore ook blootstelling kry. Vir ons gaan dit eerstens oor die musiek. Ons wil dit laat lééf. Die musiek sluit nie net die note en ritme in nie, maar ook die emosie. Die gesigsuitdrukkings. Tussen die lyne op die bladmusiek is baie drama wat ons moet uitbring. Dit is waar die musikaliteit inkom. Voordat ons die musikaliteit en emosie kan uitbring, moet ons eers die tegniese aspekte van die musiek bemeester. Dit verg baie ure se gedissiplineerde oefening. Ons het 'n ongelooflike leier in André van der Merwe. André verdien al die erkenning wat hy ontvang oor en oor. “Toe vind ek jou” is een van ons “ligter” stukke, maar ons benader dit met dieselfde erns as ons meer “komplekse” stukke. Die koor fokus hierdie jaar op kontemporêre koormusiek, musiek uit die Romantiese en Barok-era, en ook tradisionele “spirituals”, oorspronklik afkomstig van die Afro-Amerikaanse slawe. Ons sing ook eg Suid-Afrikaanse stukke.
Vertel ons iets van die koor se ervarings oorsee, of net van jou eie belewenisse?
Our overseas trip to Sochi was a journey of discovery for us. We grew as a big family and overcame numerous challenges. We weere well received in Russia and the people loved us! Many of the other choirs wanted to take pictures with us and asked for our signatures. What struck me was the fact that the choir remained humble. We made new friends, both within and outside of the choir. For many members it was their first time travelling overseas. After visiting Sochi we travelled to the beautiful Bohemian city of Prague in the Czech Republic. Many choir members have told me that they fell in love with this city and that they would one day want to go back to see more of the operas and beautiful architecture and learn more about the rich history.
Die rand is glad nie ‘n maklike geldeenheid om mee te reis nie. Waar het julle die geld gekry om oorsee te gaan?
Finansieel was dit 'n enorme uitdaging. Koorlede kon aansoek doen om finansiële ondersteuning, maar die meeste van die koorlede moes vir hulle eie toere betaal. Onder leiding van ons bestuur by die Universiteit Stellenbosch, kon ons 'n aantal ruimhartige skenkings werf. Baie, baie dankie aan al die individue en instansies wat ons finansieel ondersteun het – julle weet wie julle is. Ons is julle ewig dankbaar. Koorlede het ook hard gewerk in hulle vakansies en oor naweke (as ons nie geoefen het nie!) om ekstra geld bymekaar te maak. Sommiges moes ook lenings aangaan om hul toer te befonds. Die geld wat ek aan die toer spandeer het, is een van die beste beleggings wat ek nog ooit in myself gemaak het.
Julle is ook te siene op kykNET se Varsity Sing-program – kan jy dalk iets daaroor vertel?
Dit was nog altyd vir my jammer dat al my familie en vriende nie ons koorkonserte kan bywoon nie. 'n USK-optrede is 'n ongelooflike ervaring. Varsity Sing maak dit nou moontlik dat baie meer mense ons optredes kan beleef. Ek dink dat die kameras, asook die lewende gehoor tydens opnames, iets ekstra-spesiaal uit die koor haal. Ons geniet dit ook baie om die program te volg en die ander kore te sien.
Heruitsendings van Varsity Sing vind op die volgende dae en tye plaas: Vrydae 13:30, Saterdae 16:00, Sondae 10:00 en 21:30, Maande 10:30, Woensdae 11:00 en Donderdae om 09:30. Besoek gerus kyknet.tv vir eksklusiewe inhoud, video’s en agter-die-skerms-grepe.
Wanneer tree julle weer in Suid-Afrika op?
Ons sien baie uit na ons konserte hier in Suid-Afrika! Ons volgende twee konserte is in die Endler-teater in Stellenbosch op Sondag 25 en Woensdag 28 September. Kaartjies sal via Computicket beskikbaar wees. Indien ons deurdring na die Varsity Sing-finale, sal ons weer op 13 Oktober in Johannesburg te sien wees. Die res van ons jaar sluit Varsity Sing, CD- en DVD-opnames en 'n privaatoptrede in.
Daar is baie dinge om te doen as mens op universiteit is. Waarom sing jy in die universiteitskoor?
Die Stellenbosch Universiteitskoor bied mens die geleentheid om betrokke te wees by die beste wat Suid-Afrika het om te lewer. Nie net in terme van musiek nie, maar ook in terme van die mense wat 'n mens leer ken en die verhoudings wat mens bou. Die koorlede is nie net talentvolle musikante nie, maar ook uiters interessante en intelligente mense. Ek kan byna nie aan 'n beter besteding van my tyd dink nie. 'n Mens leer soveel in die universiteitskoor dat dit vir my gelykstaande is aan 'n ekstra graad. Wat vir my egter meer kritiek is, is die persoonlike ontwikkeling wat plaasvind in die universiteitskoor. By dit alles is dit ontspannend en pret.
Wat is vir jou die lekkerste deel daarvan om in die universiteit se koor te sing? Wat is moeilik?
Ek is mal daaroor om na die musiek te luister terwyl ons sing. Ek hoor elke keer iets nuuts raak. Die musiek is werklik roerend. Dit is 'n emosionele ervaring. Die aanleer van die musiek is moeilik, aangesien dit soms baie kompleks kan wees. Dit bly vir my verstommend hoe mens aanvanklik, wanneer mens die nuwe musiek ontvang, vreeslik daarmee kan sukkel, maar na 'n paar maande se oefening sit die musiek so diep dat mens nie eers meer daaroor dink nie. 'n Mens se brein is ongelooflik!
The post USK-onderhoud: Oor internasionale toekennings en Varsity Sing op kykNET appeared first on LitNet.