Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Mites, leuens, valshede, onsinnighede, halwe waarhede en snert

$
0
0
  1. ’n Absoluut onsinnige stelling wat nou hier voor die verkiesing die rondte doen is ‘moenie jou stem op ’n klein party mors nie.’ As almal kwaad word vir die groot party en vir die kleintjie stem word die kleintjie die groot party.
  2. Daar word gedurig gepraat van ‘die eerste demokratiese verkiesing’ in ’94 en daarna sou ons dan ’n demokrasie hê. Watter onsin; ons is per definisie nie ’n demokrasie nie.
  3. Kan jy glo daar is mense in SA wat dink ons het elf amptelike tale.
  4. Ian Wessels lees nou die Woensdag op RSG die gereelde brief van ‘antoniem’ (geskryf deur Ian Wessels) voor waarin smalend verwys word na die kamtige goeie ou dae. Dit is so, en ek het dit al hier gesê ook, dat daar talle dinge beter is tans as wat dit was in die goeie ou dae – tandartse maak jou nie meer seer nie ens ens.  Al die goeie ‘nuwe’ dinge is vanweë tegnologie – karre is veiliger en ligter op petrol, operasies is meer gevorderd want hulle kan sommer harte oorplant, reise oorsee is goedkoper vanweë verbeterde lugvaarttegnologie ens. 

Die mense egter, waaroor Ian Wessels so kla, verwys na ‘goeie ou dae’ in ’n politieke sin.  In die goeie ou dae kon kinders in die parkie gaan speel, hulle kon fietsry skool toe, Afrikaanse universiteite was Afrikaans en die studentelewe was ’n fees, daar was tafeltjies langs die lang pad waar jy jou padkos kon geniet, jy kon navrae wat betref jou belasting en mediese fonds in Afrikaans afhandel, die bank, polisie, belastingkantoor en poskantoor kon Afrikaans verstaan, skoliere het mekaar nie gesteek met skerp voorwerpe of geslaan met stomp voorwerpe nie, oumas en oupas kon vir hulle kinders gaan kuier hier in die land – was nie nodig om oorsee te reis daarvoor nie, boere kon veilig en produktief boer – was nie bang om te belê nie en was nie met eentonige reëlmaat vermoor nie, treine was veilig en het nie so maklik aan die brand geslaan nie, water- en elektrisiteitsvoorsiening was stabiel, immigrante uit Afrika kon nie so maklik die land instroom nie, geleerde en vaardige mense het nie die land in hulle tienduisende verlaat nie, rioolplase het gefunksioneer en daar was nie rou riool wat in die riviere geloop het nie, strate, paaie en dorpe het nie uitspreekbare name (die wat die dorpstigters hulle gegee het) nie, vragmotors het nie die snelweë oorgeneem nie ens ens. 

  • Dat daar variëteite van Afrikaans is, is onsin (reken ek; ek mag verkeerd wees maar sal dit dan waardeer as iemand my kan reghelp). Daar is verskillende spreekwyses en aksente in verskillende streke maar, wat dikwels na ’n variëteit verwys word, is gewone Afrikaans deurspek met Engels; swak, gebrekkige en verskraalde Afrikaans dus.

Jan Rap

 

 

The post Mites, leuens, valshede, onsinnighede, halwe waarhede en snert appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>