Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Persverklaring: Dowwe Dolla by Simonsig

$
0
0

#dowwedolla

Vrydag 5 Augustus - met Dowwe Dolla
R200 per kaartjie
A la carte-spyskaart
Aankoms: 18h30
Vertoning begin om: 19h15

Met Margit Meyer-Rődenbeck
Teks en lirieke: Jurgen Human
Musiek en spelleiding: Emile Minnie
Tydsduur: 75 minute
Geen onder 12 jaar: taalgebruik

Een van die top 10-verkopers by vanjaar se KKNK!

In hierdie nuwe eenvrouvertoning beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ‘n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”.

Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”, sy ontleed die Suid-Afrikaanse “braai” in detail uit 'n blonde sielkundige oogpunt. In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ‘n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee. 

Verwag nog 'n lag/minuut woorde-tsunami van Suid-Afrika se gunstelingblondine.

Kaartjies moet vooraf bespreek word. Kontak gerus vir Jackie Retief by Simonsig Wynlandgoed om jou kaartjies te bespreek en betaal. Skakel 082 043 8843 gedurende kantoorure of e-pos jretief@simonsig.co.za

5 Augustus                  Cuvee Restaurant- Simonsig- Stellenbosch    082 043 8843

8 Aug om 18:00          Kalfiefees: Burgersentrum                              Computicket

9 Aug om 10:00          Kalfiefees: Burgersentrum                              Computicket

The post Persverklaring: Dowwe Dolla by Simonsig appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>