Die masjiene blink,
Mense word aangelok.
Toegesluit sit mense vasgevang,
Word deur die masjiene gehok.
Soos verslaafdes,
Kry hulle nie genoeg.
Hou nie op met probeer,
Glo die masjien gaan spoeg.
Die masjien is n vraat,
Soos hy al jou geld insluk.
Dit raak nooit versadig,
Soos dit teer op jou ongeluk.
Die speler glo vas,
Die boerpot gaan kom.
Later vanaand,
Loop jy weg verstom.
Jou beursie is leeg,
Die masjien het jou besteel.
Jy het al jou besittings verloor,
Want jy dobbel te veel!