Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Filmresensie: Twee grade van moord

$
0
0

tweegrade280Twee grade van moord

Regie: Gerrit Schoonhoven

Draaiboek: Anita le Roux

Spelers: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Hilda Cronjé, Kim Cloete, Roelof Storm, Shaleen Surtie-Richards, Keenan Arrison

Volgens die woordeboek is genadedood se sinonieme pynlose of sagte dood – dit wat ons vir ons troeteldiere kies wanneer hulle lewe nog net uit lyding bestaan. Maar volgens wet mag ons dit nie eens vir onssélf kies nie. Twee grade van moord pak hierdie uiters komplekse tema kaalhand.

Ben (Marius Weyers) en Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo) is ’n glansend gelukkige egpaar in hul laat middeljare. Hy is afgetree, maar sy werk nog volstoom as sielkundige en openbare spreker en nou ook aan die bemarking van haar boek, Die liefde kwes nie. Tussendeur is Frankie (Kim Cloete) besig met ’n dokumentêr oor Alexa wat haar persoonlike lewe en gesin insluit: hul seun Christiaan (Roelof Storm) en Ra’ed (Keenan Arrison), sy geliefde, en Fy (Shaleen Surtie-Richards), vir dekades al die Cloetes se huisbestuurder. Tanya (Hilda Cronjé), ’n pasiënt van Aleksa, het ingestem tot opnames van hul terapiesessies. Te midde van al dié bedrywighede, al die sukses en rykdom, tref ’n seldsame infeksie Ben en laat hom hulpeloos verlam.  

Die fliek het ’n lang, stadige opbou, maar kry oorrompelend vaart na die einde toe. Waar stywerige dialoog en net te presiese spel my aanvanklik gepla het, word die geheel uiteindelik meer as die som van die dele en was ek diep ontroer. ’n Sterk punt van die draaiboek is om te sien hoe konkrete elemente (die hondjie, die duiwe) ontwikkel tot kragtige simbole wat diepte aan die verhaal gee (die tuindwerg was volgens my minder geslaag).   

As ek net een rede moet gee waarom dit die moeite werd is om hierdie fliek te gaan kyk, hier is dit: Sandra Prinsloo. Haar Aleksa Cloete verras en verstom jou ten slotte. Al die akteurs lewer ’n stewige bydrae, maar ek wil Hilda Cronjé en Kim Cloete uitsonder. Saam vorm hierdie drie vroue ’n dinamiese krag wat die intrige dra.

Aan regisseur Gerrit Schoonhoven en sy hele span: welgedaan!

Sterre: 4

The post Filmresensie: Twee grade van moord appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>