Sedert ek die heel eerste keer moes skoene polish (jip, dit is iets wat ons generasie gedoen het) moes die skoen so blink dat jy jouself daarin kon sien. Anders het jy dit half gedoen.
Dit onthou ek van my laerskooldae af op 'n groot karton in die seuns badkamer, kaalgat voor storttyd doerie jare in Mafeking wat nou ook maar dieselle plek is maar net anders gespel word.
Ons was doelbewus met politoer besmeer om die los badtyd langer te maak en die goed onder jong pre-tiener seuns bly steeds so vars asof dit gister gebeur het. Wat ek wel onthou is die belangrike les om spaarsamig te werk selfs met die karton waarop ons moes skoene poleer want dit is ingeprent dat ons totters altyd klein sal bly as ons nie daardie skoenpolitoerkarton oppas nie. En ek vermoed die waarskuwing was eg want die karton het heel jaar gehou en, wel die totters is, wel ...
Van doerie tye af moes skoene skoon wees. Nie net skoon nie maar blink. Rondom. Tot jy 'n oorlas kry daarvan met PW en Kie en die dag wat jy uitklaar belowe jy jouself baie dinge en twee van hulle is:
Om nooit weer te beweeg op enigiemand se opdrag (tensy sy blond - of enige ander skakering daarvan - en kaalgat is) nie,
en oom nooit weer skoene daagliks te polish nie.
Gevolglik is jou skoene meesal skoon maar nooit gepoleer nie. En as hulle gepoleer is is dit nie om mooi te wees nie maar bloot om die skoene langer te laat hou.
Wat my bring by dit wat ek nie verstaan nie: Enigeen wat al ooit in kak getrap het sal kan beduie hoe lank dit vat om daardie kak onder jou skoene uit te kry.
Waarom hou stront so lank in jou sool?
Waarom het jy al jou skoene die derde keer gepolish en jy kry steeds die klank van jou honne se bene wat hulle 'n maand terug uitgegrawe het?
Dalk is dit omdat stront altoos makliker vasklou as enigiets anders?
oester
The post Dinge wat ek nie verstaan nie appeared first on LitNet.