Hulle noem my bergie,
Weens my gestalte.
My kleredrag,
Van geen gehalte.
Onder die brug,
Is my huis.
Gebou met pilaar,
Gemaak van gruis.
My bed ’n boks,
Of ou matras.
Wat perfek by,
My leefstyl pas.
Bedel is my,
Permanente werk.
Op straathoeke,
Winkel of kerk.
My etenstyd,
Is wanneer jy besluit.
Jy gooi oorskiet kos,
Met jou vuilgoed uit.
So dink aan my,
Wanneer jy ’n geleentheid kry.
Met swaarkry en armoede,
Gaan my dae verby.
The post Hawelose kind appeared first on LitNet.