Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Teaterresensie: The Inconvenience of Wings by die Baxterteater

$
0
0

Andrew Buckland, Jennifer Steyn and Mncedisi Shabangu (photo credit: Oscar O'Ryan)

The Inconvenience of Wings: Bipolêre siekte, voorheen bekend as maniese depressie, en die effek daarvan op lewensmaats, vriende en kinders, het lanklaas só effektief tot uiting gekom as soos in Lara Foot se nuutste toneelstuk.

Foot was die Nasionale Kunstefees 2016 se feeskunstenaar met die fokus op haar werk in die teater. Dit was 20 jaar nadat sy in 1996 die Standard Bank Jong Kunstenaar vir Teater was en sy het ’n uitstekende kreatiewe span vir hierdie produksie: Jennifer Steyn, Andrew Buckland en Mncedisi Shabangu. Die kostuums, stelontwerp en musiek dra alles by tot die onderliggende gevoel van hopeloosheid wat jy gedurende die stuk ervaar.

Foot is die artistieke direkteur van die Baxterteatersentrum in Rondebosch - die eerste vrou in dié pos. Sy is ook ’n veelbekroonde dramaturg en regisseur met meer as 40 professionele toneelstukke op haar kerfstok. Hiervan was 29 nuwe Suid-Afrikaanse stukke.

Die verhoogstuk het groot lof ontvang by die afgelope kunstefees op Grahamstad en het die afgelope paar aande vol gehore in Kaapstad gehad – iets wat die uitmuntendheid van die stuk bevestig.

Die inspirasie vir die toneelstuk was die boek Addictive Thinking deur Abraham J Twerski, wat onder meer indringend gekyk het na kompulsiewe gedrag, verslawing, ontkenning en misbruik van die self. Foot het haar persoonlike ervaring van die dekade wat haar pa aan demensie gely het, ingebring en ook verskeie gesprekke oor bipolêre siekte gehad met die psigiater Sean Baumanns.

Die twee hoofkarakters, Sara (Steyn) en haar man, Paul (Buckland), word letterlik kaal gestroop vir die stuk. Die stuk begin as ’t ware by die einde:  1995, waar Paul in ’n ouetehuis met demensie worstel. Sara is al verskeie jare tevore oorlede. Dit werk terug deur die jare en gaan draai by 1961, toe die paartjie mekaar ontmoet het.

Sara is impulsief - soms is sy ekstaties, ander kere aggressief en kwetsend. Sy skeur en breek hul besittings om aan haar woede uiting te gee. Paul probeer meer as 30 jaar lank sy bes om ’n oplossing of kuur te vind; gaan van een dokter na die ander en probeer alternatiewe terapieë, maar sonder sukses. Hy skree op een plek desperaat aan sy vriend dat hy sy vrou wil genees en dat hy hulp nodig het.

Hul vriendskap met professor James (Shabangu) is een van die min dinge wat Paul ondersteun, maar selfs hier is sy vriend se professionele raad onder verdenkin, omdat die professor self ’n verslawing van sy eie het. Boonop beskuldig hy Paul in ’n oomblik van wanhoop dat hy meer verslaaf is aan Sara se siekte as Sara self.

Wanneer Sara een van haar euforiese stadiums beleef, is dit heeltemal duidelik hoekom Paul so halsoorkop op haar verlief geraak het. Maar wanneer sy die donkertes van haar gemoed ontgin, brand die trane van moedeloosheid in jou keel. Die uiterstes van een mens se gemoed gaan jou verstand te bowe en die hopeloosheid van die situasie laat jou magteloos.

Sara laat hoor dat sy skuldig voel om te leef, maar dat dit so moeilik is om te sterf  ná nog ’n mislukte selfmoordpoging. Paul erken teenoor professor James dat hy soms wens sy slaag in haar pogings om haar van hierdie hel te verlos. Sy liefde vir haar maak hom ’n patetiese figuur wat sy eie drome en behoeftes heeltemal opsyskuif.

Soos die stuk vorder, besef jy Sara se siekte is boonop die rede dat Paul se drome van argitek word nooit verwesenlik is nie. Haar verhouding met haar twee kinders lei ook skipbreuk omdat sy soms sê dat sy hulle nie liefhet nie en haar kompulsiewe gedrag hulle verskrik.

Die een lyn wat regdeur die stuk loop, is dié van Sara se droom van ’n reuse-engel wat haar kom red. Sy vlerke is egter nie sterk genoeg nie en hy bring dus nooit die redding nie.

Foot is ’n briljante regisseur wat die beste uit die akteurs ontgin. Die teks werp lig op twee siektes waarvan 'n mens eintlik baie min weet.

Die toneelstuk is hoogs aan te beveel. Die naaktheid van Paul en Sara in sekere tonele het ’n paar mense laat rondskuif en fluister, wat hinderlik was. Mens sou glo dat ’n volwasse gehoor die konteks van hul naaktheid beter sou verstaan.

The Inconvenience of Wings

Met: Andrew Buckland, Mncedisi Shabangu, Jennifer Steyn

Deur: Lara Foot

Regie: Lara Foot

Kostuums: Birrie le Roux

Baxter Golden Arrow Studio, 12 Julie tot 13 Augustus 2016

Kaartjies by Computicket on 0861 915 8000, www.computicket.com of enige Shoprite Checkers-tak.

Die produksie dra ’n ouderdomsbeperking van 16 jaar.

The post Teaterresensie: The Inconvenience of Wings by die Baxterteater appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>