Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Fotoblad: #feesmustfall-betoging in Londen

$
0
0
Universities, language, access, education, and student protest – follow the debate.

 

Honderde mense het op 23 Oktober 2015 in solidariteit met die #feesmustfall-betogings na die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Londen opgeruk.

fmflonden1

Betogers sing saam in die strate van Londen. Baie van die betogers het eers by die Universiteit Kollege in Londen bymekaargekom en van daar af na die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Londen opgeruk.

 

fmflonden2

'n Betoger skryf slagspreuke op 'n stuk karton wat sy later as ‘n plakkaat in die betoging gebruik het.

 

fmflonden3

'n Man loop met 'n “We Stand With You”-plakkaat in die strate van Londen, terwyl 'n kenmerkende Britse rooi bus verbyry.

 

fmflonden4

Betogers het 'n wye verskeidenheid plakkate saamgedra, met slagspreke wat wissel van “Remember Marikana” tot “#NationalShutdown”.

 

fmflonden5

Onder diegene wat betoog het, was Sizwe Mpofu-Walsh (heel regs), die seun van Dali Mpofu. Mpofu-Walsh, 'n aktivis, het onlangs aan die Universiteit van Oxford gegradueer.

 

fmflonden6

Betogers het van verskeie dele van Engeland af gestroom.

 

fmflonden7

Athinangamso Nkopo, 'n MSc-student aan die Universiteit van Oxford, praat met ander betogers. Sy het dikwels die groep se liedere gelei. Sy het vertel hoe sy pas vanaf Suid-Afrika gekom het, waar sy by die Universiteit van die Witwatersrand betoog het. "Dit is ongelooflik om te sien hoe dit uitgebrei het," het sy gesê.

 

fmflonden8

'n Metropolisieman sê vir 'n betoger die groep moet van die straat af wegbly. Metropolisie het later aan joernaliste gesê hulle het van die “onwettige” betoging gehoor eers toe dit aan die gang was. Hulle het dikwels probeer om betogers weg van die straat te hou nadat verkeer vir minstens 20 minute deur singende betogers versper is.

 

fmflonden9

By die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Londen het daar voortdurend nog betogers by die groep aangesluit. Leiers het gesê hulle gaan nie die gebied verlaat voordat Obed Mlaba, die Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in Londen, persoonlik 'n memorandum by betogers kom teken nie.

 

fmflonden10

'n Polisievrou hou 'n ogie oor betogers.

 

fmflonden11

Mense is kans gegee om hul solidariteit met die betogings in Suid-Afrika uit te spreek en hul eie stories te vertel.

 

fmflonden12

Basani Baloyi, 'n student aan die Universiteit van Londen, sing saam met betogers. Betogers het later probeer om by die kommissariaat in te kom, maar is deur polisie gekeer. Twee mans het egter tydens die betoging deur die veiligheidshekke van die ambassade geglip en in die vensters gesit. Jared Sachs, een van die betogers, is later op 'n aanklag van strafregtelike skade gearresteer.

 

fmflonden13

'n Groep betogers dans voor die gebou terwyl hulle vir die kommissaris wag.

 

fmflonden14

Polisie het gedurig met leiers en betogers in gesprek getree oor hul eise en oor veiligheidskwessies.

 

fmflonden20

'n Polisieman gryp 'n betoger. Na afloop van die betoging was daar 'n onderonsie tussen die polisie en betogers toe die twee mans wat in die vensters gesit het, afgeklim het en deur die polisie agterna gesit is. Verskeie betogers het hulle probeer keer.

 

fmflonden15

Daniel Ambor, oorspronklik van Kaapstad, sit in die venster van die gebou. Ambor is na die betoging omring, maar is deur 'n vrou, ene Nana, beskerm. Betogers het gedreunsing dat hy vrygelaat moet word. Polisie het aan bystanders gesê omdat hy 'n diplomatieke gebou op so 'n wyse betree het, moet sy besonderhede geneem word. Hy is later vrygelaat.

 

fmflonden19

Ambor, een van die mans wat in die vensters gesit het en deur polisie ondervra is, word deur betogers omhels nadat hy vrygelaat is.

 

fmflonden16

Die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris, Obed Mlaba, sit op die vloer en luister na betogers. Nadat hy eers 'n stoel gebring het om op te sit, het betogers geëis dat hy “op hulle vlak” met hulle praat en nie van 'n verhewe posisie af nie.

 

fmflonden17

Betogers kyk hoe Mlaba op die vloer sit.

 

fmflonden18

Mlaba teken die memorandum. Die betogers het onder meer geëis dat tersiêre opleiding se gelde nie verhoog word nie en dat alle universiteite “gedekoloniseer” word.

 

Foto's en teks: Nielen de Klerk


Fees Must Fall | Klasgelde Moet Daal

2015

 


The post Fotoblad: #feesmustfall-betoging in Londen appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>