Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21499

Persverklaring: Nuwe koorfees en -toekennings vereer legendariese Suid-Afrikaanse komponiste

$
0
0

Franco Prinsloo (Foto: Izak de Vries)

Franco Prinsloo, befaamde, Suid-Afrikaans komponis, en vier medekoorliefhebbers het in 2022 die Legato Koorfees begin wat kore in Pretoria en omgewing die geleentheid bied om hulle talent in ’n teateromgewing aan waarderende gehore ten toon te stel.

Om ’n goeie teaterervaring aan die kore te bied, neem die Legato Koorfees met die AfriForum Teater hande.

Ná ’n uiters suksesvolle feesseisoen waar 17 kore kon optree in 2022, stel Legato Koorfees vroeg in 2023 ook die Legato Koortoekennings bekend. “Die toekennings vereer kore vir uitmuntende werk in die vorm van spesiale toekennings in ’n verskeidenheid kategorieë. Ons gaan nie poog om ’n kompetisie of ’n eisteddfod te wees nie, maar eerder ’n platform waar kore hul eie repertorium kan bekendstel, hul passie vir koorsang uitleef, en hul harde werk met gehore kan deel”, vertel Christopher Vale, bedryfshoof by die Legato Koorfees.

Kore wat aan die Legato Koorfees deelneem, kwalifiseer outomaties vir dié toekennings, en dit word vanjaar na afloop van die feesseisoen by ’n galageleentheid op 17 September 2023 aangekondig. “’n Onafhanklike toekenningspaneel bepaal watter kore vereer word. Ons sal binnekort meer inligting oor die toekenningskategorieë bekend maak”, verduidelik Vale.

Chris Lamprecht en Marthie Driessen (Foto's verskaf)

Die Legato Koortoekennings skop af op met ’n hoogtepunt, deur twee legendariese Suid-Afrikaanse komponiste te vereer. Chris Lamprecht en Marthie Driessen ontvang die eerste twee toekennings vir hulle besondere bydrae tot die Suid-Afrikaanse koormusiekskat. Lamprecht en Driessen se nuutste koorkomposisies sal ook later in 2023 deur Prinsloo se kamerkoor, Vox Chamber Choir, opgeneem en uitgevoer word.

Chris Lamprecht is die bekende en beminde komponis van koorwerke soos “Aandgesang”, “Aan die Noordweste”, “Wie het ek buite U” en Psalms 23, en 52. Van sy volksliedjieverwerkings is in die FAK opgeneem.

Marthie Driessen, suster van Chris Lamprecht, is alom bekend vir haar toonsetting van die Pryslied (Psalm 121) en talle koorverwerkings.

Die Legato Koorfees vind vanjaar weer in Pretoria by die Afriforum Teater plaas met ’n beplande 22 konserte en 88 deelnemende kore.

Kore wat belangstel om aan die Legato Koorfees deel te neem en meer van die Legato Koortoekennings uit te vind, kan e-pos stuur na info@legatochoralfestival.com.

Lees ook:

Toyota US Woordfees: Al om Antjie

The post Persverklaring: Nuwe koorfees en -toekennings vereer legendariese Suid-Afrikaanse komponiste appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21499

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>