Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21497

Vernuwende werk, ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood

$
0
0

Titel: A quiet man
Skrywer: Tom Wood
ISBN: 978-0751575965
Uitgewer: Sphere

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Dit is tyd dat skrywers van huurmoordenaars en koverte operateurs as antihelde dieper delf om nuwe lewe in die genre, wat sedert die oorlog teen terrorisme ’n ongekende bloeitydperk beleef, te blaas. Vir die vaders van die genre het dit tog oor veel meer as skop, skiet en donner gegaan.

Derek Haas se huurmoordenaar Columbus waarsku lesers immers vroeg-vroeg om nie van hom te hou nie. Wetende dat ons nie sal kan help nie, teen die einde van die boek het hy diep in ons harte gekruip.

Dink ook aan Frederick Forsyth se The day of the Jackal, Thomas Perry se The Butcher’s Boy en Andrew Vachss se eks-gevangene misdadiger wat ander misdadigers roof en besteel, privaatondersoeker en soms sluipmoordenaar, Burke.

Op ’n snaakse manier wil ons hê die Jackal moet die polisie ontglip en The Butcher’s Boy moet wraak neem op die mafia.

Tom Wood se debuutboek The killer waarin hy die huurmoordenaar Victor bekend stel, word bemark met: “Forget James Bond. Forget Jason Bourne. Forget Jack Bauer. Meet Victor: He’s an assassin – a man with the no past and no surname.” Van die grootste name in dié genre word op die voorblad aangehaal ter ondersteuning van hierdie stelling. Gregg Hurwitz, skrywer van die blitsverkoper-Orphan X-reeks, skryf: “Terrifically fun and explosively propulsive.”

Ek sou nie so ver gaan om Victor in dieselfde asem as die ikoniese Bourne te noem nie, maar indien jy gaande is oor The Butcher’s Boy en Clara Rinker (John Sandford, Certain prey) is Victor jou huurmoordenaar.

Tot en met die lees van A quiet man, die negende boek in die reeks, was Victor vir my net nog ’n huurmoordenaar. Ja, hy is fyn ingestel op detail, maar John Rain (Barry Eisler) en Orphan X het ook fyn oë vir detail. Hy is onverskrokke, so ook Mitch Rapp (Vince Flynn), Gabriel Allon (Daniel Silva), Will Robie (David Baldacci) en vele ander.

In hierdie boek het twee dinge my tot ’n Wood-dissipel bekeer.

Die eerste faktor het hom meer mens gemaak, my van hom laat hou, teen my sin moet ek byvoeg. Sommige huurmoordenaars leef met ’n kode, geen vrou of kind nie. Ander vloek nie. Soms is die booswigte erger as die huurmoordenaar. Alles metodes wat skrywers aanwend dat ons stelselmatig van hul moordmasjien begin hou.

Wood gaan verder, hy maak Victor broos ter wille van ’n belofte aan ’n seun. Al sou dit sy lewe kos, bly hy ná ’n huurmoord rondhang omdat hy nie beloftes breek nie. Dit is die Victor wat ek wil ken.

Die tweede faktor was onverwags. Ek het nie geweet dit speel ’n rol totdat ek dit raakgelees het nie. Alhoewel baie boeke in die genre soos ’n bloedbad lees – dit is tog waarom ons dit koop – het Wood in A quiet man sy aksie op ’n vintage wyse aangewend. Asof hy die kuns vervolmaak het om te onderskei tussen aksie net omdat daar aksie moet wees en aksie wat die karakters meer definieer. Dit het my so sterk aan The Butcher’s Boy laat dink dat ek direk daarna The Butcher’s Boy nadergetrek het.

En na afloop van die aksie – my hoogtepunt van die boek – breek hy die spanning met skerp humor. Een sin, maar dit was so gepas om ná al die konflik te ontlaai.

As jy nog nie vir Victor ontmoet het nie, begin op ’n high. A quiet man is presies dit.

Lees ook:

The post Vernuwende werk, ’n lesersindruk van <i>A quiet man</i> deur Tom Wood appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21497

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>