Twee Afrikaanssprekende navorsers en twee fasiliteerders word vir ’n korttermyn-navorsingsprojek oor Afrikaans as onderrigtaal op skoolvlak gesoek. Dit is ’n loodsprojek en die moontlikheid van deelname aan ’n langtermyn-projek bestaan.
Maande Navorsers (dae) Fasiliteerders (dae)
Nov. 7 1
Des. 8 2
Jan. 3 2
Feb. 1 0
Mar. 1 .5
• Die werk in Desember sal so vroeg moontlik in die maand plaasvind.
• Die werk in Januarie sal begin nadat die skole weer oopgemaak het.
• Betaling: R1500 per dag en bydrae tot vervoer.
• Die navorsers kan ook as fasiliteerders optree - indien hul aan die vereistes voldoen.
Vereistes vir navorsers en fasiliteerders:
• Uitstekende Afrikaans
• Verkieslik ’n Magistergraad of hoër. Minimum: honneursgraad
• Studieveld: Afrikaans, sosiolinguistiek, en/of sosiale wetenskappe met fokus op taal en/of
gemeenskapsontwikkeling. ’n Sterk praktiese eerder as teoretiese aanslag is belangrik.
• Ervaring met Afrikaanse gemeenskappe in hul volle diversiteit, verkieslik in die Wes-Kaap; Ervaring met Afrikaanse gemeenskappe in die Somerset-Wes/Strand gebied sterk voordelig.
• Eie vervoer met ’n geldige bestuurslisensie of gewaarborgde toegang tot vervoer
Verdere vereistes vir navorsers:
• Praktiese ervaring met voer van onderhoude, verkieslik t.o.v. sensitiewe temas;
• Ervaring met of kennis van die gebruik van verskillende navorsingsmetodes op gemeenskapsvlak.
Verdere vereistes vir fasiliteerders:
• Praktiese ervaring met die fasilitasie van groepe en aanbied van voorligting aan volwassenes;
• Ouderdom van 28 en ouer ’n sterk voordeel.
Aansoekproses:
• Stuur asseblief ’n kort brief oor u self, ’n CV van een bladsy, twee verwysings (waarvan ten minste een akademies) en u kontakbesonderhede aan dr. Conrad Steenkamp (conradisteenkamp@gmail.com).
• Verduidelik asseblief in die brief die mate waartoe u aan die vereistes voldoen en of u enige bestaande verbintenis met die tema Afrikaans en/of moedertaalonderrig het.
• Reageer asseblief voor 30 Oktober 2015 om in aanmerking geneem te word.
• Telefoniese onderhoude sal met kortlyskandidate gevoer word.
----
PEN Afrikaans ondersteun hierdie moedertaalprojek.
The post Navorsers en fasiliteerders vir kort projek oor moedertaalonderrig gesoek appeared first on LitNet.