Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 23458

Die Stones van Suid-Afrika het die naweek in Tulbach gespeel

$
0
0

Die Stones van Suid-Afrika het die naweek in Tulbach gespeel
die son sak steeds in Durbanville
ons kon dans en lyfgooi en Willem was ook daar
Agent Orange het eenkeer die keyboard 'n karate chop gegee.
Janvertrek het ongemerk by die ingang gehang
ondeurdag het hy die dimension gap ontsluit vir inglip
die sister met die dikste dreads lag die lekkerste
en goddank vir klank skrik die sound system deesdae vir niks nie.
Die gig was 'n roesemoes van saamverstaan
van konsekwentheid en survival en kophou en bekhou
van cool wees en stukkende jeans, van kneuskolle
van paintings van brekende branders.

Meanwhile brand die universiteit
maar iemand sal betaal.
Ons lees ons koerant
steeds warm en blank.

Goeëlbal was dronk met ons laatmiddag-jam
ma' rock 'n roll is tog genade en deernis en doubles.
Agterna in die donker op pad het ons focus en Floyd gepraat
Goeëlbal se ligte het ons in die tru-spieël geguide.
Voëlvrydam regs en Gouda links
ons gly deur die Nuwekloofpas.
Roodezandt en Zonquasdrift, Allesverloren en Goedbegin
ons soek en ons soek, ja, na daai "haven om te landen".

The post Die Stones van Suid-Afrika het die naweek in Tulbach gespeel appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 23458

Trending Articles


7 voordele van boegoe


Die beste tyd van my lewe


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


8 Wenke om water te bespaar


Rita (JM) Gilfillan (1941–)


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


Ek is oppad #Hermanus toe !!


Drie stappe: Kikker jou kaste op


Te koop: Bosweg 3, Eastermar



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>