Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Bruin politiek, die destydse driekamerparlement en hoe sake vandag staan

$
0
0

Jason Lloyd (foto: Facebook)

Bruin politiek in die vorige bedeling was net soos vandag se postapartheidpolitiek deurspek met gebreke en gekheid wat jou sal laat lag.

Ironies genoeg is daar politici uit die bruin gemeenskap wat die grootste deel van hul lewe in ergerlikheid deurbring en dan teiken hulle swart politici op wie hulle hul gramskap kan uithaal.

Jy kry dié bruin politici aan beide kante van die ou bedeling, naamlik die driekamerpolitiek en UDF-politiek.

Sommige driekamerpolitici, veral in die Wes-Kaap, voel ergerlik omdat bruin mense nie die provinsie regeer nie. Hulle is daarop ingestel om etnies te mobiliseer en die Wes-Kaap op te eis as die “bruin man se provinsie”.

Sommige bruin UDF-politici wat die driekamerstelsel teengestaan het, voel verontreg omdat die nuwe swart elite na bewering nie hul “struggle credentials” erken nie.

Beide groepe kritiseer nie net die ANC nie, maar poog ook om dié party en swart mense te demoniseer.

Dié bruin politici en sogenaamde leiers heul nou met die Afrikaner en koop in – soos prof Jakes Gerwel dit gestel het – as deel van ʼn ou stuk Wes-Kaapse romantiek dat "die bruin mense is ons mense".

Dié politici en leiers vergeet die Raad van Verteenwoordigers (die HoR) van die driekamerparlement (1984-1994) het nie net gewemel van debatte van swak gehalte nie, maar ook van venynige persoonlike aanvalle.

Bygesê, in die wit Volksraad het die NP en die KP mekaar gereeld persoonlik aangevat.

In 1984 het alle parlementslede (LP’s) R3  500 per maand verdien. Onder bruin LP’s was universiteitsopleiding skaars en selfs diegene wat onderwysers was, het st 8 met twee jaar kollegeopleiding gehad.

Bruines was toe, soos nou, ʼn verarmde gemeenskap en om R3500 per maand in 1984 te verdien was baie geld. Destyds het die bode van die parlement die salaristjeks van LP’s persoonlik oorhandig.

Een van die bruin LP's het toe in die parlement opgestaan en die speaker versoek om sy salaristjek van R3 500 in twaalf te verdeel en dit elke maand aan hom uit te betaal, want hy wou nie sy jaarlikse salaris op een slag kry nie.

Die politieke joernalis wyle Patrick Cull het my vertel dat hy in 1984 vir eerw Andrew Julies gevra het wat hom geskik maak om as Minister van die Begroting in eerw Allan Hendrickse, voorsitter van die Ministersraad in die Raad se Ministersraad te dien. Julies het gesê as predikant is hy gewoond daaraan om die kerk se kollekte te tel.

Daar was ook die geleentheid toe oudpres PW Botha se begrotingsrede in die Raad bespreek was. Terwyl Botha aan die woord was, het hy hom glo vir ʼn tussenwerpsel vererg. Gevolglik het Botha na ʼn bruin adjunkminister as ʼn “groot bobbejaan” verwys.

Ironies genoeg was dié adjunkminister die eerste Arbeidersparty(AP)-parlementslid wat in 1991 by die NP aangesluit het.

In 1992 is Desmond Lockey, toe AP-LP vir Noord-Kaap en eerw Hendrickse se skoonseun, veral deur (sommige) bruin NP LP’s beskuldig dat hy sy destydse vrou, Marie-Louise, op die lughawe “ge-donner” het. Op sy beurt het Lockey Tony Reeves (NP-LP), ʼn “bedding boy” met ʼn “besoedelde brein” genoem, omdat hy voorheen op treine vullis verwyder het.

ʼn LP het eendag tot almal se verbasing in die HoR opgestaan om die speaker te versoek om opdrag te gee dat die venster toegemaak word omdat daar ʼn koue windjie inkom. Die LP was ʼn man van min woorde en het nooit ʼn toespraak in sy vyfjaartermyn gelewer nie.

Wanneer ons as sogenaamde bruin mense vandag die spot dryf met en kritiek lewer op die swart regering, Parlement en die ANC moet ons onthou waarvandaan ons kom. Ons was ook verdruk, brandarm met min politieke ervaring en tersiêre opleiding.

The post Bruin politiek, die destydse driekamerparlement en hoe sake vandag staan appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>