sy treur nie meer nie
haar trane het opgedroog
soos 'n groot, leë plaasdam
iewers in die karoo
wat hoeveel seisoene laas
'n proeseltjie reën ontvang het
tog is die seer
diep in haar binneste
op haar voorkop uitgekerf
waar die plooie oornag
vermenigvuldig het
haar ore tuit
vir die ongewone stilte
in die eensame vertrek
'n stilte wat haar laat sidder
en bewe van angs
'n stilte wat haar huisie
se vensters laat dreun
haar giggel is anders as
die van 'n normale mens
dit herinner aan 'n toneel
uit 'n bangmaakfliek
waar een van die karakters
van die bose besete is
sy treur nie meer nie
die besluit is geneem
die slapelose nagte kom
vanaand tot 'n einde
dalk met die pille
wat sy hoe lank voor haar
bedkassie bêre
of miskien met die lemmetjie
wat in die badkamer lê
© Christo Meyer 2016
The post genoeg getreur appeared first on LitNet.