Ek lees dat ’n swart vrou in Limpopo deur ’n groep mans gestenig en aan die brand gesteek was toe hulle haar as ’n heks verdink het, nadat een van haar jonger familielede aan natuurlike oorsake dood is. Verblydend is hulle lewenslank tronkstraf gevonnis vir die daad.
Ek was toevallig by my ouboet se huis gewees toe ek dit gelees het. Sy tuinier, en groot Christen wat naby was, vertel ek hom van die voorval. Tot my groot verbasing was sy reaksie redelik hewig ten gunste van hulle daad, en aan my verduidelik het dat wanneer vrouens oud word, hulle sekere magte bekom oa die mag om in die aand te kan rondvlieg en ander te toor!
Hier in Vanderbijlpark word gereeld geadverteer deur “sangomas” selfs in die plaaslike koerant, dat hulle ’n heks op vyandige persone kan plaas, werk verseker, verhogings verseker, penis kan vergroot, verlore liefde weer kan aanwakker, ens en dit is verbasend hoeveel geld hulle daaruit maak, tot so ’n mate dat van hulle in blink duur karre na hulle kantore toe ry. Omtrent al hulle klante is ook Christene wat ook in voorvaderlike geeste glo wat bevredig moet word!
The post Beide Christen en gelowige in heksery appeared first on LitNet.