Om te skryf, ble 5–28: “Die verteller van ’n verhaal kan die gesigspunt verskuif en so aandui watter uitwerking die gebeure op hom sowel as op ’n groep gehad het.”
Hierdie verhaal neem die leser saam met Lourens Maritz op reis deur die nag in die ateljee, met die interaksie tussen luisteraars en die omroeper, die atmosfeer in die ateljee en die uiteindelike gevoel van alleenheid en die vaak wat hom oorval, maar tog geen ander geluide of elemente wat Lourens ’n bietjie op sy hoede laat nie.
Geen persoon wat alleen laatnag oor spoke bespiegel, gaan heeltemal op sy gemak wees nie. Die nag is juis dan baie onheilspellend.
Die leser weet egter uit die staanspoor dat hierdie ’n spookstorie gaan wees. Ouboet van Zyl se ontwykende antwoorde en die storie wat hy vertel van die voorval waarin daar ’n musikant doodgeskok is, hou nie die leser aan die raai nie. Indien Ouboet van Zyl dalk ’n ander storie vertel, een van onvervulde drome van hierdie musikant, of indien ’n luisteraar dalk ingebel het met hierdie staaltjie, sou dit tot ’n groter mate van spanning gelei het.
Daar is hope ruimte in die verhaal om spanning te laat opbou tot ’n klimaks, maar die skrywer laat na om dit effektief te doen.
Let ook op na die aanwysing van tyd: Teen drie-uur begin Lourens se oë ook effens swaar raak. In die volgende paragraaf: Klokslag drie-uur gaan die ateljee se deur skielik oop.
Wanneer Albert Coetzee aan Lourens vertel dat daar stories van ’n spook in die ateljee die rondte doen, verloor die verhaal sy trefkrag. Dit sou ’n groter effek gehad het as Lourens self begin ondersoek instel, dat hy begin twyfel oor die bestaan van Ouboet van Zyl en die maklike toegang wat hy tot die ateljee gekry het.
Wanneer hy die sekuriteitswag konfronteer, word hierdie gegewe aan die leser “vertel”; selfs hier sou ruimte wees om spanning te skep indien hierdie gesprek in dialoog aan die leser oorgedra word. Lourens aanvaar te maklik dat die sekuriteitswag nie paraat genoeg was nie.
My voorstel sou wees dat die skrywer die storie herbedink, veral met die oog op ’n verrassingselement. Dat hy ook moet werk aan ’n groter opbou tot spanning en veral soos voorgestel bo: watter uitwerking hierdie gebeure op Lourens het.
Terug na die invalsblad van die LitNet-slypskool Om te skryf. >>
Lees ook:
The post Spookradio 302 FM, verslag een deur Anzil Kulsen appeared first on LitNet.